Landbou Boerekos

WINNET EN YVETTE MACKENZIE

-

Winnet en Yvette Mackenzie het in 2008 die plaas Willowbend gekoop. Hulle het ’n paar bokke op ’n veiling gekoop en hulle met name soos Sky, Betty (Davis), Whitney, Britney en Cher gedoop. Die egpaar het “met ’n skok” besef die bokke moet elke dag gemelk word, en net daar het hulle begin droom daaroor om kaas te maak. Hul eerste kaas, Eerstegelu­k Halloumi, het vanjaar ’n eersteplek op die Bloemskou verower.

WAT IS HALLOUMI?

Dis ’n wit kaas met ’n rubberige tekstuur en ’n souterige smaak. Dis uniek, want dit kan teen hoë temperatur­e gebraai of gediepbraa­i word sonder dat die kaas smelt. In die eerste deel van die produksiep­roses gebruik jy nie ’n kultuur nie. Dis ook die enigste kaas wat in sy eie wei gekook word aan die einde van die proses. Dit gee aan halloumi die hoë smeltpunt.

MET WATTER SOORT MELK WORD HALLOUMI GEMAAK?

Die kaas kom oorspronkl­ik van Ciprus af, waar hulle ’n mengsel van skaap- en bokmelk gebruik. In Suid-Afrika word beesmelk gewoonlik gebruik, want dis meer beskikbaar en goedkoper. Ons maak halloumi slegs van bokmelk, daarom is ons kaas mooi wit. Wanneer die bokke droog is, gebruik ons volroom-Jerseymelk, wat aan die kaas ’n roomkleuri­ge skakering gee. Jy het gemiddeld 10 liter beesmelk nodig om 1 kg kaas te maak, terwyl 10 liter bokmelk net 800 g kaas gee. Met 10 liter skaapmelk kan jy sowat 1,7 kg kaas maak.

JULLE MAAK OOK KAAS VAN SKAAPMELK. WAT DINK VERBRUIKER­S DAARVAN?

Ons het ’n klompie Oos-Fries-skape, ’n Duiste melkskaapr­as, gekoop. Daar is net ’n handvol telers in die land. Ons maak ’n tradisione­le pecorino van die skaapmelk, want dis baie skaars in Suid-Afrika en verskrikli­k duur. Dit duur sowat ses maande om te verouder. Skaapmelk is taamlik onbekend in Suid-Afrika en min mense het dit al geproe.

WATTER WANOPVATTI­NGS BESTAAN DAAR OOR BOKMELK?

Mense dink bokkaas het ’n onaangenam­e reuk. Bokmelk kan wel die reuk van manlike diere absorbeer. Daarom is kuddebestu­ur baie belangrik

WAT IS JOU GROOTSTE UITDAGING AS MELKBOER EN KAASMAKER?

Die koste en beskikbaar­heid van goeie diere en die koste van voer. Ons produkte word op klein skaal met die hand gemaak, dit is dus ’n uitdaging om dit teen ’n mededingen­de prys te lewer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa