Landbou Boerekos

KOBUS PIETERS

-

Kobus Pieters van Big 5 Macadamias is een van ’n handjie vol boere in die land wat met gemmer boer. Dié gewas verkies subtropies­e toestande en word gewoonlik saam met makadamias en piesangs verbou.

WAAROM BOER JY MET GEMMER?

Ek plant dit as kontantgew­as tussen my jong makadamiab­ome. Ons plant gewoonlik die eerste week in September die gemmer en oes eers die volgende jaar in Mei of wanneer die loof doodgaan, want dan is jou gemmer volwasse.

IS DIT MOEILIK OM DAARMEE TE BOER?

Dis maar soos groente. Jou voete moet in die lande wees om swamme en insekte te bestry. Gemmer is baie arbeidsint­ensief, want dit word alles met die hand geoes en skoongemaa­k. Jy kan dit net een keer in sewe jaar op dieselfde grond plant om grondgedra­agde siektes, soos fusarium, te voorkom. Sommige boere plant nooit weer op dieselfde grond nie.

GEMMERBOER­E HET VERLEDE JAAR TOT R100/KG OP VARSPRODUK­TEMARKTE VERDIEN. HOEKOM IS DIE PRYS SO GOED?

Die mark vir gemmer is baie klein, want min mense gebruik dit. Verlede jaar het net twee of drie boere nog gemmer gehad, daarom het die pryse opgeskiet. Dit is dieselfde met groente op die varsproduk­temarkte – as daar min van ’n produk is, skiet die prys die hoogte in.

WAT IS JOU GROOTSTE PROBLEME AS GEMMERBOER?

Die hoeveelhei­d gemmer wat ander boere plant, die klomp ingevoerde gemmer, siektes (soos fusarium en aalwurms) en diefstal. Ingevoerde gemmer onderdruk ons plaaslike prys ongeloofli­k baie.

IS JY LIEF VIR GEREGTE MET GEMMER?

Nee, selfs al boer ek met gemmer, gebruik ons dit glad nie in ons kos nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa