Landbou Boerekos

MASALA-VISKOEKIES MET SUURLEMOEN­MAYONNAISE

-

Ek het die resep vir hierdie viskoekies jare gelede in ’n Maleise restaurant by die sjef afgebedel en dit toe ’n bietjie vereenvoud­ig. Dis regtig lekker en het hope geur. Die span in die Boerekos- ateljee het die viskoekies en smullekker sous verslind ná die fotosessie. Maak dit sommer vanaand vir aandete – jou huismense sal almal ’n tweede porsie vra!

Masala-viskoekies 500 g gaar stokvis, grate verwyder en fyn gevlok 1 geskilde, gaar aartappel, fyn gedruk 45 ml fyngekapte, vars koljanderb­lare (gebruik pietersiel­ie as jy nie koljander het nie) Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 klein suurlemoen Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 ui, gerasper 5-10 ml seekosmasa­la 15 ml botter 2 eiergele 250 ml vars broodkrumm­els Ongeveer 90 ml room

Suurlemoen­mayonnaise 100 ml dik mayonnaise van ’n goeie gehalte 100 ml dik, natuurlike jogurt Sap en gerasperde skil van 1 klein suurlemoen Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 10 ml kappertjie­saad, grof gekap Knippie suiker

Meng die stokvis, aartappel, kruie en suurlemoen­sap en -skil saam, geur met sout en peper en hou eenkant. Braai die ui en seekosmasa­la oor lae hitte in die botter tot die ui gaar is. Laat effens afkoel en roer dan die eiergele, broodkrumm­els en room by. Laat staan vir 5 minute en voeg by die vismengsel. Meng goed. Verkoel die mengsel vir minstens 1 uur. Vorm die viskoekies en braai in ’n bietjie olie oor matige hitte tot goudbruin en bros aan albei kante en deurwarm. Vir die mayonnaise: Meng ál die bestanddel­e saam, bedek en verkoel vir 20 minute voor jy dit voorsit. Sit die viskoekies voor met die mayonnaise, aartappels­kyfies en dun gesnyde agurkies. Lewer ongeveer 10 viskoekies (5 porsies).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa