Landbou Boerekos

CLIVE VAN DER SPUY

-

Die Umhlathuzi Valley Sugar Company (UVS) oes suikerriet in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Clive van der Spuy is ’n boer van Richardsba­ai en ook besturende direkteur van landbou by die maatskappy.

WAT IS DIE IDEALE KLIMAAT VIR SUIKERRIET OM TE FLOREER?

Warm, humiede somers en warm winters. Dis ideaal om tussen September en Maart reën te kry.

WANNEER OES JULLE?

Aan die kus en in Mpumalanga begin ons teen middel Maart oes tot einde April. Ons oes een keer per jaar. In die binneland en aan die Suidkus kan ons net elke 18 maande tot 24 maande oes.

HOEVEEL SUIKERRIET HET JY NODIG OM SUIKER TE PRODUSEER?

Jy kry gemiddeld 1 kg suiker van 8 kg suikerriet.

WAAR VERWERK JULLE DIE SUIKERRIET?

Die maatskappy besit 25% van die Umfolozi-suikermeul­e. Die suiker staan bekend as Sunshine Sugar. Dit word hoofsaakli­k in die noorde van KwaZulu-Natal en in Gauteng bemark en versprei.

HOE BESPAAR JULLE WATER?

Ons gebruik drupbespro­eiing. Dis ’n uiters doeltreffe­nde vorm van besproeiin­g, want die water word regstreeks by die wortelsone vrygestel. Jy gebruik ook minder kunsmis.

WAT IS SUIKERRIET­BOERE SE VERNAAMSTE UITDAGINGS?

Die klimaat. Dis tans die droogste sedert 1924. Ander uitdagings is arbeidspro­bleme en grondhervo­rming. Die grootste bedreiging is invoer uit ander lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap, want hul produksiek­oste is baie laer as SuidAfrika s’n.

EN WAT VAN DIE NUWE GIER DAT MENSE SUIKER HEELTEMAL UIT HUL DIEET SNY. HOE BEÏNVLOED DIT DIE BEDRYF?

Dis moeilik om te sê, want plaaslike suikerverb­ruik styg nou al vir ’n hele paar jaar. Suikerprod­uksie in Suid-Afrika neem egter af weens verstedeli­king en grondhervo­rming.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa