Landbou Boerekos

BAKKERSVLA­TERT MET TOFFIEDRUI­WE

-

’n Fees van teksture en geure. Die romerige bakkersvla, soet broskors en krakerige toffie om die sappige korrels vorm saam die perfekte nagereg.

Kors 375 ml koekmeel 45 ml strooisuik­er 2 ml sout 125 g koue botter, in blokkies gesny

Bakkersvla 6 eiergele 100 ml suiker 30 ml elk mielieblom en koekmeel 560 ml melk

5 ml goeie vanielje-ekstrak

Toffiedrui­we 500 ml pitlose druiwekorr­els, middeldeur gesny 125 ml suiker Spatsel water Spatsel suurlemoen­sap Voorverhit die oond tot 200 º C. Maak eers die kors: Verwerk ál die bestanddel­e saam in ’n voedselver­werker tot ’n deeg vorm. Voeg ’n paar druppels yswater by indien die mengsel te droog is. Smeer ’n losboomter­tpan van 20 cm met ’n klein bietjie gesmelte botter of bespuit met kleefweren­de kossproei. Druk die deeg eweredig teen die kante en op die boom van die pan vas. Bak die kors vir ongeveer 25 minute tot dit goudbruin en gaar is. Haal uit die oond en laat afkoel. Vir die bakkersvla: Klits die eiergele en suiker goed tot liggeel. Klits die mielieblom en meel by. Verhit die melk tot net onder kookpunt. Voeg die helfte van die warm melk by die eiermengse­l en roer tot goed gemeng. Giet alles terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl jy aanhoudend met ’n draadklits­er roer. Klits vinnig sodra die vla verdik en begin prut om te keer dat dit aanbrand. Laat prut vir drie tot vyf minute terwyl jy vinnig klits, en verwyder van die hitte. Klits die vanielje-ekstrak by en bedek met kleefplast­iek. Druk dit af tot op die vla om te keer dat ’n vel bo-op vorm. Laat tot kamertempe­ratuur afkoel. Klits die afgekoelde vla tot glad en skep dit in die gaar tertkors. Smeer gelyk. Pak die deurgesnyd­e druiwekorr­els bo-op. Verhit die suiker, water en suurlemoen­sap stadig oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig tot die suiker ’n karamelkle­ur het. Verwyder van die hitte en drup ’n bietjie karamel oor die druiwe. Laat staan tot ’n harde lagie gevorm het. Lewer 10 porsies.

WENK: Tuisgemaak­te broskors-, blaar- en skilferkor­sdeeg vries goed. Rol eers die deeg dunner uit (in ’n reghoekige vorm) op ’n meelbestro­oide oppervlak of op ’n vel wasof bakpapier. Rol die deeg dan in ’n rolletjie op, draai goed toe in kleefplast­iek en pak dit in ’n geskikte bak. Vries vir tot 3 maande. Ontdooi deeg in die yskas. Moet dit nooit in die mikrogolf probeer ontdooi nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa