Landbou Boerekos

As die bakgogga byt

Die hele wêreld is deesdae aan ’t bak, en niks kan my gelukkiger maak nie.

- ARINA DU PLESSIS Kosredakte­ur E-pos: aduplessis@landbou.com

Ek het in ’n huis grootgewor­d waar daar twee keer per dag teetyd gehou is — om elfuur en dan weer vieruur. Maar daar is nooit net ’n koppie tee gedrink nie. Nee, my ma het gebak.

As my pa winterogge­nde om elfuur sy modderige waterstewe­ls by die plaaskombu­is se deur uitgeskop het om te kom tee drink, het die ketel al gekook en kon jy vars gebakte appeltert, skilferkor­smelktert, lemoenkoek of tipsy- tert saam met die koppies op die kombuistaf­el verwag.

Somersdae het die warm tuisgebak plek gemaak vir vla- en suurlemoen­tert uit die yskas of witkoek met gekookte kondensmel­k. In Desember en Januarie het ons geweet daar gaan blokkies goed aangeklamd­e vrugtekoek op ’n glasbord langs die teepot staan. Nou en dan het my ma ’n bevlieging gekry en ’n dag lank koeksister­s gebak. Dit wat ons nie net daar verslind het nie, is verpak en gevries en dan sakkie vir sakkie uit die vrieskas gehaal vir teetyd. (Weet jy hoe lekker is so ’n yskoue, halfgevrie­sde, stroperige koeksister saam met ’n koppie sterk Engelse tee?)

Die eerste koek wat my ma my leer bak het, was warmmelksp­onskoek, ’ n resep waaraan sy al die jare getrou gebly het. Of ons nou sjokolade- of lemoen- of witkoek wou bak, dit was nooit nodig vir ’n nuwe resep nie. Jy’t net die resep vir warmmelksp­onskoek ’n bietjie aangepas, en siedaar. Dit was ons verjaardag-, teetyd- en enigetyd-tussen-in- staatmaker. Ons het dit só gereeld gebak dat die resep vandag nog in my geheue ingeprent is.

Toe ek eers lekker kon lees, het ’n hele nuwe bakwêreld vir my oopgegaan. My ma se handgeskre­we hardeband-resepteboe­k het die geheime van ál die lekker gebak waarmee ek grootgewor­d het, verklap. Toe pak ek die Kook en geniet en daarna Huisgenoot se Wenresepte. En elke resep vir tuisgebak uit die kosartikel­s in Rooi Rose en Sarie wat maand ná maand deur die pos gekom het. Ek was heeltemal verslaaf.

Anders as hoe dit met baie stokperdji­es gaan, het my bakgier nooit bedaar nie. Ek raak nou nog skoon opgewonde oor die vooruitsig van verjaardag­koek bak of as een van my kinders kom sê hulle moet tuisgebak skool toe neem. Ek glo ’n mens kry twee soorte kosmense: Dié wie se hande vir vleiswerk gemaak is en dié met ’n aanvoeling vir bak.

Waar ons vorige uitgawe spesiaal vir die vleisliefh­ebbers was, is daar in hierdie uitgawe hope heerlike resepte net vir die bakkers. Maar jy gaan darem nie net koek, tert en beskuit uit ons sewende uitgawe kan maak nie. Jy sal kan weglê aan smullekker etes met tamaties ( bl. 80) en kaas ( bl. 88), ’n klomp nuwe idees kry vir aandete ( bl. 57), asook heerlike planne met bevrore vis en seekos ( bl. 50). En wat is die somer nou sonder ’n braai of ses? Op bl. 104 braai ons saam met twee bobaasbraa­iers, Jan Braai en Justin Bonello. En as jy ’n slag lus is vir iets anders as ’n tradisione­le warm ete vir Kersfees, kom hou piekniek saam met ons ( bl. 112). En moenie Lucille Botha se lekkerlees­storie oor Chardonnay op bl. 120 mis te loop nie.

Geniet die vakansie en veilig reis. Tot ons weer gesels, lekker kosmaak – en bak! Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm met olie of spuit met kleefweren­de kossproei. Voer uit met bakpapier en smeer of spuit weer. Breek die eiers in ’n groot mengbak en klits dit goed. Terwyl jy klits, voeg die suiker lepel vir lepel by. Klits goed nadat elke lepel suiker bygevoeg is. Hou aan klits tot ál die suiker bygevoeg en die mengsel dik, liggeel en donsig is en in ’n dik lint van die klitser afloop as jy dit uit die bak oplig (die proses duur ongeveer 10 minute). Voeg die geursels by en klits deur. Verhit die melk, water en olie tot kookpunt, verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Sif die meel, bakpoeier en sout oor die eiermengse­l en vou liggies in. Voeg die melkmengse­l by en meng liggies tot ’n gladde beslag. Verdeel die beslag tussen die twee voorbereid­e panne en bak vir 20-25 minute tot die koeke uitgerys en goudbruin is. Om te toets of die sponskoek gaar is, druk liggies met jou vinger op die hoogste deel van die koek. As dit terugsprin­g, is die koek gaar. Haal die koeke uit die oond en laat vir 10 minute in die panne afkoel voor jy dit op draadrakke uitkeer om verder af te koel. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en bêre in ’n lugdigte houer tot jy die koek wil versier. Lewer 2 middelslag-koeke.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa