Kuier

VURIGE VINDALOO

-

Genoeg vir 4-6 mense BESTANDDEL­E

Vindaloo-pasta

1 eetlepel koljanders­aadjies 2 teelepels komynsaadj­ies 2 eetlepels olie 4 knoffelhui­sies, gekneus 2-3 rooi chillies

1 teelepel chilli flakes 1 eetlepel smoked paprika 1 teelepel borrie

½ teelepel fyn kaneel 5 cm-stuk vars gemmer, geskil

3 eetlepels tamatiepas­ta 2 eetlepels witwynasyn 2 eetlepels water

Kerrie

1 kg varkpotjie­kosvleis of -ghoelasjbl­okkies 2 eetlepels olie

2 uie, in skyfies gesny 1 koppie water

1-2 teelepels bruinsuike­r sout, na smaak

’n handvol dhanya-blare Vir voorsit ekstra chilli, gekap dhanya-blare, gekap

METODE

Vindaloo-pasta

Verhit ’n pan en dry roast die koljander- en komynsaadj­ies tot geurig. Skep dit uit, verlaag die hitte en giet die olie by. Braai die knoffel tot sag.

Plaas die roasted saadjies, knoffel en olie (waarin die knoffel gebraai is) in die bak van ’n food processor en pols tot fyn.

Voeg die res van die vindaloo-pasta se bestanddel­e by en pols tot fyn en baie goed gemeng.

Kerrie

Plaas die vleis in ’n niemetaal marinating bak. Skep die helfte van die kerriepast­a oor en meng goed deur. Hou die res van die vindaloo-pasta in die yskas vir later. Bedek, en laat die vleis sowat 2-3 uur in die yskas marinate.

Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die oorblywend­e vindaloo-pasta by en stir fry vir 2 minute.

Skep die marinated vleis in die pan en braai dit 5 minute lank.

Giet die water en suiker by en bring alles tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die kerrie sowat 30-35 minute lank liggies prut, of tot die vleis sag is – voeg nog water by as die kerrie te vinnig droogkook.

Geur die kerrie met die sout na smaak, en roer die dhanya-blare deur.

Vir voorsit

Sprinkel nog gekapte chilli en dhanya-blare oor en sit voor.

Genoeg vir 4-6 mense BESTANDDEL­E

Hoender

1 teelepel elk borrie, garam masala, paprika, chilli-poeier, fyn koljander en sout

1 heel hoender, ruggraat uitgeknip en platgedruk 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 5 cm-stuk vars gemmer, fyngeraspe­r

1 eetlepel olie sap van 1 suurlemoen

Kerrie

1 eetlepel olie

2 eetlepels botter

1 kaneelstok 1 teelepel mosterdsaa­d 4 knoffelhui­sies, fyngekap 5 cm-stuk vars gemmer, gerasper

1chilli, of soos verkies, gekap (opsioneel)

1 teelepel tamatiepas­ta 4 teelepels blaarmasal­a 2 teelepels elk fyn komyn en gewone of smoked paprika 1 teelepel borrie

1 x 410 g-blik kersietama­ties ½ koppie hoender-stock Afronding

1 teelepel suiker sout, na smaak

¼ koppie room

METODE

Hou ’n staander en ’n rooster byderhand.

Hoender

Meng al die speserye goed en sprinkel oor die hoender. Vryf die knoffel en gemmer oor die hoender en sit in ’n marinating bak. Drup die olie oor en sprinkel die suurlemoen­sap oor. Vryf goed in die hoender in. Bedek die hoender en laat vir 1-2 uur (of oornag) in die yskas marinate.

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit die hoender op die rooster en braai vir 3045 minute oor matige kole, of tot die hoender goudbruin en gaar is. Draai gereeld om om te verseker dit braai eweredig. Haal die hoender van die rooster af en laat vir 10 minute rus.

Kerrie

Verhit die olie en botter intussen in ’n diep pan. Voeg die kaneel en mosterd by en stir fry tot geurig.

Voeg die knoffel, gemmer en chilli by en stir fry 1 minuut lank. Voeg die tamatiepas­ta, speserye, kersietama­ties en hoender-stock by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sous 15 minute lank prut. Roer gereeld. Afronding

Geur die sous met die suiker en sout na smaak. Roer die room deur, verhit en giet oor die hoender.

Genoeg vir 4 mense BESTANDDEL­E

1 teelepel elk komyn- en koljanders­aadjies

¼ koppie fyn klapper

4-6 porsies geelstert, snoek of ander ferm stokvis, sonder vel sout en gemaalde vars peper

1 teelepel roasted masala

1 eetlepel meel

Kerrie

3 eetlepels olie

2 uie, gekap

2 lourierbla­re

4 knoffelhui­sies, grofgekap

1 groen chilli, gekap

1 teelepel borrie

1 x 400 ml-blik klappermel­k

1 teelepel Maizena, gemeng met 1 eetlepel water ('n slurry) suurlemoen­sap, na smaak sout, na smaak suurlemoen-wedges, vir voorsit

METODE

Roast die komyn- en koljanders­aadjies in ’n droë pan tot geurig. Skep uit en maal rofweg fyner. Roast die klapper in dieselfde pan tot dit liggies begin verkleur, skep uit en hou eenkant.

Geur die vis met die sout en peper. Sprinkel die masala en meel oor en hou eenkant.

Kerrie

Verhit die olie in ’n pan en braai die vis tot ligbruin aan albei kante. Skep uit en hou eenkant.

Braai die uie, lourierbla­re, knoffel en chilli saam oor lae hitte tot sag. Voeg die gemaalde speserye, roasted klapper en borrie by.

Giet die klappermel­k by en laat vir 5 minute liggies prut. Meng die slurry deur en roer aanhoudend tot die sous verdik. Geur met die suurlemoen­sap en sout.

Skep die vis in die sous, meng liggies deur en verhit. Sit voor saam met die suurlemoen-wedges.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa