Huisgenoot

Die impak op Suid-Afrika

In die tweede aflewering in die reeks kyk ons na die impak wat die klimaatskr­isis op Suid-Afrika het

-

Die klimaatskr­isis het ’n duidelike invloed op die Suid-Afrikaanse omgewing, insluitend die oseaan, landbou en ekosisteme. Volgens ’n verslag van die Amerikaans­e agentskap vir internasio­nale ontwikkeli­ng is Suid-Afrika een van die wêreld se 15 top-bydraers tot kweekhuisg­asse. Dit is as gevolg van ons land se afhanklikh­eid van steenkool.

DIE ROL VAN WETGEWING EN DIE REGERING

Menslike aktiwiteit is die rede vir die klimaatskr­isis en die feit dat aardverhit­ting nou reeds onafwendba­ar is. Die Suid-Afrikaanse energiesek­tor moet verander van steenkool – ’n fossielbra­ndstof – na volhoubare en hernubare energiebro­nne.

Ons Grondwet bepaal elkeen het die reg op die beskerming van hul omgewing . Die regering word dus verplig om die omgewing deur wetgewing te beskerm. Dié maatreëls moet besoedelin­g

en ekologiese agteruitga­ng voorkom, bewaring bevorder en die ekologiese volhoubare ontwikkeli­ng

en aanwending van natuurlike hulpbronne verseker.

Die internasio­nale regsraamwe­rke en die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkeli­ngsdoelwit­te vir 2030 stel die raamwerk daar vir Suid-Afrika se optrede om die impak van die klimaatskr­isis te verminder.

Daar word voorspel dat die klimaatskr­isis die volgende gevolge in Suid-Afrika sal hê:

■ ’n Algemene afname van 5-10% in reënval.

■ Langer droë tye in die binneland en die noordooste­like dele van die land.

■ Meer en erger oorstromin­gs.

■ Toename in die voorkoms, frekwensie en impak van natuurramp­e. ■ Wisselvall­ige reënvalpat­rone wat tot uiterste droogtes, asook groot, onvoorspel­bare storms en vloede kan lei.

■ ’n Afname in die hoeveelhei­d en gehalte van grondwater en die aanvulling­stempo daarvan.

■ ’n Verlies aan noodsaakli­ke koue tydperke vir vrugte- en wingerdpro­duksie.

■ Lugbesoede­ling.

■ Sanitasiep­robleme weens druk op stormwater­dreins.

■ Swakker sanitasie wat tot ernstige siektes soos cholera kan lei.

■ Werkers wat buite werk, sal aan kwaai hitte, hitte-uitputting of sterftes blootgeste­l wees. Suid-Afrika het die afgelope paar jaar kwaai droogtes, verwoesten­de storms, oorstromin­gs en selfs meer gereelde aardbewing­s ervaar.

LANDBOU

Suid-Afrika is ’n betreklik droë land – een van die 30 droogste lande ter wêreld – met ’n lae reënval en gereelde droogtes. Ongeveer 11% van die land se oppervlak is geskik vir die verbouing van gewasse. Dit is dus noodsaakli­k dat die beskikbare grond so goed moontlik bewaar word.

Verskeie studies toon dat die getal baie warm dae in Suid-Afrika oor die afgelope vier dekades toegeneem het, terwyl die aantal koeler dae afgeneem het.

Stygende temperatur­e en veranderen­de reënvalpat­rone ontwrig die groei van gewasse en diere se teelgedrag. Droogtes, wat gereelder en ernstiger geword het, lei tot watertekor­te, mislukte oeste, en veevrektes.

Om hierdie uitdagings die hoof te bied, moet Suid-Afrikaanse boere innoverend­e tegnieke begin gebruik en waterbronn­e doeltreffe­nd benut om voedselpro­duksie te handhaaf.

Die gevare van die klimaatskr­isis wat swak bestuur word, kan insluit:

■ Verlies weens droogte van geskikte grondgebie­d vir produksie.

■ Grondverli­es weens wind- en watererosi­e.

■ Afname in die gehalte van grond weens die verlies aan organiese inhoud, minerale en grondorgan­ismes.

■ Grootskaal­se natuurramp­e wat tot erosie lei.

■ Toename in die frekwensie, intensitei­t en voorkoms van buiteseiso­enale brande, wat die grond en plante sal beskadig en tot winderosie en die oorname van indringerp­lante sal lei.

■ ’n Afname in grondvog weens die verlies aan grondbedek­king en die gepaardgaa­nde verlies aan organiese inhoud in die grond.

EKOSISTEME

Die klimaatskr­isis kan skadelik wees vir ekosisteme soos woude, fynbos, vleilande, savanna, koraalriww­e en die see. Talle spesies kan uitsterf. Langdurige droogtes verhoog die waarskynli­kheid van veldbrande wat groot gebiede se plantegroe­i vernietig en die grond kwesbaar maak vir erosie. Veranderen­de reënvalpat­rone bedreig ook die beskikbaar­heid van waterbronn­e, wat die oorlewing van baie plante en diere in gedrang bring.

OSEAAN

Warmer temperatur­e kan veroorsaak dat groot hoeveelhed­e ys by plekke soos Antarktika en die Noordpool smelt. Dit laat seevlakke langs kusdele styg, wat oorstromin­gs kan veroorsaak. Stygende watervlakk­e kan beteken dat gemeenskap­pe se huise onder water is en hulle moet verskuif, mense en diere kan verdrink en belangrike habitat vir voëls en

mariene lewe kan so verlore gaan. Voorts kan ’n hoër oseaantemp­eratuur ook bydra tot koraalverb­leiking, wat skade aanrig aan die pragtige koraalriww­e langs Suid-Afrika se kuslyn.

 ?? ?? In Desember 2022 het groot vloede ernstige skade in Lenasia naby Johannesbu­rg aangerig.
Elkeen van ons speel ’n rol in die stryd teen aardverhit­ting, maar ons kan min doen in vergelykin­g met regerings en groot maatskappy­e wat die oorgrote meerderhei­d besoedelin­g veroorsaak.
In Desember 2022 het groot vloede ernstige skade in Lenasia naby Johannesbu­rg aangerig. Elkeen van ons speel ’n rol in die stryd teen aardverhit­ting, maar ons kan min doen in vergelykin­g met regerings en groot maatskappy­e wat die oorgrote meerderhei­d besoedelin­g veroorsaak.
 ?? ?? Die planeet is siek en kort dringend hulp. Die klimaatskr­isis in Kaapstad: dooie bome en sand in ’n droë reservoir naby die stad.
Al die kleur gaan verlore wanneer koraalriww­e doodgaan. Dit staan bekend as koraalverb­leiking en is een van baie gevolge van aardverhit­ting.
Wegholbran­de kan veroorsaak word deur droogtes. Watertekor­te kan die bekamping daarvan belemmer.
Die planeet is siek en kort dringend hulp. Die klimaatskr­isis in Kaapstad: dooie bome en sand in ’n droë reservoir naby die stad. Al die kleur gaan verlore wanneer koraalriww­e doodgaan. Dit staan bekend as koraalverb­leiking en is een van baie gevolge van aardverhit­ting. Wegholbran­de kan veroorsaak word deur droogtes. Watertekor­te kan die bekamping daarvan belemmer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa