Huisgenoot

Osiris-Rex se monstermis­sie

-

VYF jaar nadat hy gelanseer is van die kus van Florida af, het Osiris-Rex (Nasa skryf dit so: OSIRIS-REx) sy lang reis terug aarde toe begin. Wetenskapl­ikes het dié tuig in 2016 diep die ruimte in gestuur om ’n monster (sien Woord van die Week) te neem van ’n antieke asteroïed genaamd Bennu. Belangrike­r nog: Die ruimtetuig gaan die monster terugbring aarde toe. (As dit vir jou gevaarlik klink, moet jy dalk regtig eers die Woord van die Week gaan lees.)

In Oktober verlede jaar het die tuig omtrent 60 g stof en klippies van Bennu se oppervlak af opgeraap. Dis die grootste monster wat teruggebri­ng word aarde toe sedert die Apollo-maanlandin­gs toe ruimtevaar­ders kilogramme maanrots teruggebri­ng het.

Wanneer die ruimtetuig op 24

September 2023 in die woestyn van Utah in Amerika land, hoop die wetenskapl­ikes om inligting van onskatbare waarde te leer oor hoe die son en planete meer as 4 miljard jaar gelede gevorm het.

Tegniese inligting

Osiris-Rex is tegnies gesproke ’n robot: Hy vlieg homself – geen mense benodig nie. Die tuig wemel van instrument­e wat hom toelaat om na die asteroïed te kyk en dit te analiseer sodat hy self ’n landingspl­ek kon soek en sy wentelbaan in die swak aantrekkin­gskrag kon bepaal. Hy het ook foto’s teruggestu­ur na die honger oë van Nasa se wetenskapl­ikes.

Een van die instrument­e is byvoorbeel­d ’n kamera wat sigbare lig asook infrarooi lig kan sien en dit gebruik om minerale en organiese stowwe op die oppervlak te identifise­er. Daar is ook ’n stelsel van drie hoëgehalte­kameras wat kan inzoem en hoëdefinis­iefoto’s neem.

Die tuig het in Desember 2018 by Bennu aangekom en in ’n wentelbaan om die asteroïd ingegaan terwyl na ’n geskikte landingspl­ek gesoek is. Dit was uitdagend omdat Bennu onstabiele grond is met baie los rotse.

Ná ’n jaar, waarin elke moontlike hoekie van die asteroïd afgeneem en bestudeer is, het die span op ’n plek besluit wat hulle toe “Nightingal­e”

gedoop het. Osiris-Rex het toe uit sy wentelbaan gekom en in een vinnige beweging teen die oppervlak gebots. Dit het stukkies klip en stof opgeskiet – toe skiet die tuig weer weg en skep in die proses ’n klomp van dié stukkies op.

Dis die eerste keer dat Nasa so ’n beweging gedoen het. Nasa kon op foto’s sien die tuig het genoeg stof versamel. Die “skoppie” is toe verseël en die tuig het sy lang tog terug aarde toe begin.

 ??  ??
 ??  ?? ’n Foto van die oneweredig­e asteroïed Bennu.
’n Foto van die oneweredig­e asteroïed Bennu.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa