Huisgenoot

Brei ’n wintertrui vir die man in jou lewe 38

Brei dié tradisione­le oortrui vir die man in jou lewe. Dit is perfek vir alle ouderdomme, en die tekstuur van die patroonste­ek is so maklik om te bemeester dat alle breiers met gemiddelde vaardighei­d dit sal kan brei

-

GROOTTE

■ Pas borsmaat 91-97(102-107;112117;122-127;132-137) cm

■ Werklike rondommaat 99(109;119;129;139) cm

■ Volle lengte 68(70;72;74;74) cm

■ Moulengte 47(48;50;51;51) cm

BENODIGDHE­DE

■ 2(2;2;3;3) x 400 g-bolle Stylecraft Special Aran with Wool in Kemp kleur no. 3229

■ 5 mm-breipenne

■ Breispeld

■ Haakspeld

■ Stukkie gekleurde breidraad of ’n steekmerke­r

■ Tapisserie­naald

BREIDRAAD-INLIGTING Stylecraft Special Aran with Wool is ’n veelsydige wolmengsel van 20% wol en 80% akriel en is ’n standaard-Aranbreidr­aad, met 816 m per 400 g-bol. Daar is verskeie Stylecraft-leweransie­rs landwyd. Gaan na www.stylecraft­yarns.co.uk en klik op internatio­nal stockist om jou naaste leweransie­r te kry. As jy nie dié breidraad kan kry nie, kan jy ’n Aran-breidraad van jou keuse gebruik. Dit is ’n goeie idee om die patroon saam met jou na die breidraadw­inkel te neem wanneer jy die breidraad vir dié oortrui kies en na die aanbevole breipendik­te en getal meters op die breidraade­tiket te kyk – onthou net die aanbevole breidraad is net in ’n 400 g-bol beskikbaar. Dit is raadsaam om ’n toetslappi­e te brei met die breidraad wat jy gekies het om seker te maak die spanning wat hieronder gegee word, is dieselfde.

SPANNING

20 ste en 26 rye = 10 cm oor pat met 5 mm-breipenne.

LET WEL

Aanwysings vir die kleinste grootte word gegee met die groter groottes tussen hakies; waar net een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

AGTERPANT

Stel 99(109;119;129;139) ste op met 5 mm-penne.

1e ry (RK): r1, * aw1, r1; her van * tot einde. 2e ry: aw1, * r1, aw1; her van * tot

einde.

Dié 2 rye vorm die rifpat.

Brei nog 10 rye in rifpat.

Brei nou in geteksture­erde pat soos volg verder:

1e ry (RK): aw0(3;0;3;0), r1(3;1;3;1), * aw3, r1, aw3, r3; her van * tot by laaste 8(3;8;3;8) ste, aw3, [r1, aw3, r1] 1(0;1;0;1) keer.

2e ry: [aw1, r3, aw1] 1(0;1;0;1) keer, r3, * aw3, r3, aw1, r3; her van * tot by laaste 1(6;1;6;1) ste, aw1(3;1;3;1), r0(3;0;3;0). 3e ry: brei soos 1e ry. 4e ry: r.

Dié 4 rye vorm die geteksture­erde pat.

Brei in pat verder tot werk 47(47;47;47;45) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry.

Let wel: Die vyfde grootte is in dié stadium 2 cm korter as die eerste vier groottes. **

Fatsoeneer mousgate

Heg 6(7;8;8;9) ste in pat af aan die beg van die vlg 2 rye [87(95;103;113;121) ste]. Vermin 1 st aan weersk in die vlg 2 rye [83(91;99;109;117) ste]. Vermin nou 1 st aan weersk in die vlg ry en dan in elke vlg alt ry tot 75(81;89;101;109) ste op die penne oorbly.

Brei reguit oor dié ste verder tot die mousgat 21(23;25;27;29) cm lank is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer skouers

Heg 11(11;13;15;17) ste in pat af aan die beg van die vlg 2 rye [53(59;63;71;75) ste].

Heg 11(12;13;16;17) ste in pat af aan die beg van die vlg 2 rye [31(35;37;39;41) ste].

Heg die oorblywend­e 31(35;37;39;41) ste in pat af vir hals in middelagte­r.

VOORPANT

Brei net soos Agterpant tot by **. Fatsoeneer mousgate en hals

Vlg ry (RK): heg 6(7;8;8;9) ste af, pat vlg 42(46;50;55;59) ste, draai en laat die oorblywend­e 50(55;60;65;70) ste op ’n breispeld.

Jy behoort 43(47;51;56;60) ste op die penne te hê vir eerste kant van mousgat- en halsfatsoe­nering. Let wel: Jy sal altyd 1 st op die regterpen hê nadat die benodigde getal ste aan beg van ry afgeheg is.

Vlg ry: pat tot einde.

Vermin 1 st aan mousgatran­d in die vlg 2 rye en vermin terselfder­tyd 1 st aan halsrand in 1e ry [40(44;48;53;57) ste]. Vermin 1 st aan weersk in vlg en elke vlg alt ry tot 32(34;38;45;49) ste op die penne oorbly.

Slegs vir 2e en 4e groottes Vermin 1 st slegs aan halsrand in vlg alt rye tot daar (32;43) ste op die penne is.

Vir alle groottes

Vermin 1 st slegs aan halsrand in vlg 2e(4e;2e;4e;2e) en elke vlg 4e ry tot 22(23;26;31;34) ste op die penne oorbly.

Brei sonder fatsoeneri­ng oor dié 22(23;26;31;34) ste verder tot die mousgat 21(23;25;27;29) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer skouer Vlg ry (RK): heg 11(11;13;15;17) ste in pat af, pat tot einde [11(12;13;16;17) ste].

Vlg ry: pat tot einde.

Heg die oorblywend­e 11(12;13;16;17) ste in pat af.

Brei ander kant van mousgat- en halsfatsoe­nering

Met die RK na voor, gl die vlg st op ’n haakspeld, las breidraad aan oorblywend­e ste en pat tot einde van ry [49(54;59;64;69) ste].

Vlg ry (VK): heg 6(7;8;8;9) ste af, pat tot einde [43(47;51;56;60) ste]. Vermin 1 st aan halsrand in die vlg ry en vermin terselfder­tyd 1 st aan mousgatran­d in die vlg 2 rye [40(44;48;53;57) ste]. Vermin 1 st aan weersk in vlg en elke vlg alt ry tot 32(34;38;45;49) ste op die penne oorbly.

Slegs vir 2e en 4e groottes Vermin 1 st slegs aan halsrand in vlg alt rye tot daar (32;43) ste op die penne is.

Vir alle groottes

Vermin 1 st slegs aan halsrand in vlg 2e(4e;2e;4e;2e) en elke vlg 4e ry tot 22(23;26;31;34) ste op die penne oorbly.

Brei sonder fatsoeneri­ng oor dié 22(23;26;31;34) ste verder tot die mousgat 21(23;25;27;29) cm van die beg is, eindig met ’n RK-ry. Fatsoeneer skouer

Vlg ry (VK): heg 11(11;13;15;17) ste in pat af, pat tot einde [11(12;13;16;17) ste].

Vlg ry: pat tot einde.

Heg oorblywend­e 11(12;13;16;17) ste in pat af.

MOUE (ALBEI DIESELFDE)

Stel 51(53;57;59;59) ste op met 5 mm-penne.

Brei 12 rye in rifpat soos by Agterpant.

Brei nou in geteksture­erde pat soos volg:

1e ry (RK): aw0(1;0;0;0), r1(1;0;1;1), [aw3, r3] 1(1;0;0;0) keer, * aw3, r1, aw3, r3; her van * tot by laaste 4(5;7;8;8) ste, [aw3, r1] 1(1;1;2;2) keer, aw0(1;3;0;0).

2e ry: r0(1;3;0;0), [aw1, r3] 1(1;1;2;2) keer, * aw3, r3, aw1, r3; her van * tot by laaste 7(8;0;1;1) ste, aw3(3;0;1;1), [r3, aw1] 1(1;0;0;0) keer, r0(1;0;0;0). 3e ry: brei soos 1e ry. 4e ry: r.

Dié 4 rye vorm die pat.

Brei in pat verder en vermeer terselfder­tyd 1 st aan weersk van die penne in die vlg en dan in elke vlg 6e(4e;4e;4e;4e) ry tot daar 65(57;69;73;97) ste op die penne is.

Let wel: brei die vermeerder­de ste by die pat in.

Vermeer nou 1 st aan weersk van die penne in elke vlg 8e(6e;6e;6e;6e) ry tot daar 79(87;95;99;107) ste op penne is. Brei reguit oor dié 79(87;95;99;107) ste verder tot mou 47(48;50;51;51) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry. Fatsoeneer moukop

Heg 6(7;8;8;9) ste in pat af aan die beg van die vlg 2 rye [67(73;79;83;89) ste]. Vermin 1 st aan weersk in die vlg 2 rye [63(69;75;79;85) ste]. Vermin 1 st aan weersk in die vlg ry en dan elke vlg 4e ry tot daar 57(61;67;69;75) ste op penne is. Vermin 1 st aan weersk in die vlg ry en dan elke vlg alt ry tot daar 47(51;55;59;67) ste op penne is. Vermin 1 st aan weersk in elke ry tot 31 ste op die penne oorbly. Heg 10 ste in pat af aan die beg van vlg 2 rye [11 ste].

Heg dié oorblywend­e 11 ste in pat af. Halsstrook

Werk die regterskou­ernaat toe.

Met die RK na voor en 5 mm-penne, tel op en r 42(46;50;54;58) ste eweredig aan linkerkant van halsrand af, r die st wat op die haakspeld is en merk dit met ’n stukkie gekleurde breidraad of ’n steekmerke­r, tel op en r 42(46;50;54;58) ste eweredig aan regterkant van halsrand op, tel op en r 32(36;38;40;42) ste van die 31(35;37;39;41) ste wat afgeheg is vir die hals in middelagte­r [117(129;139;149;159) ste].

1e ry (VK): * aw1, r1; her van * tot 2 ste voor gemerkte st, aw2 tes, aw die gemerkte st, aw2 tes adl, * r1; aw1; her van * tot einde [115(127;137;147;157) ste].

Dié ry stel die rif en V-halsfatsoe­nering vas.

2e ry (RK): rif tot 2 ste voor gemerkte st, aw2 tes adl, r die gemerkte st, aw2 tes, rif tot einde van ry [113(125;135;145;155) ste].

3e ry: rif tot 2 ste voor gemerkte st, aw2 tes, aw die gemerkte st, aw2 tes adl, rif tot einde [111(123(133;143;153) ste].

Her die 2e en 3e rye nog twee keer [103(115;125;135;145) ste].

Vlg ry (RK): heg in rif af en vermin 1 st soos voorheen aan weersk van die gemerkte st.

AFWERKING

Werk alle los breidraadp­unte aan agterkant van werk in. Werk linkerskou­ernaat en naat van halsstrook toe.

Sit moue in: Om dit te doen, merk die middelste st in die afhegry van moukop. Sit dié st op die skouernaat.

Werk nou die moukop in die armsgate vas, met die afgehegte ste in die moue op die agter- en voorpant by die mousgatfat­soenering. Werk sy- en mounate toe. Speld oortrui uit volgens mates wat gegee word, bedek met skoon, klam afdroogdoe­ke en laat droog word. Moenie oortrui pars nie, want dan sal jy die geteksture­erde patroonste­ek platdruk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa