Huisgenoot

Eet reg vir ’n mooi vel en stralende gelaat

As jy sukkel met ekseem, dermatitis, psoriase, aknee of allergieë, lê die antwoord dalk in jou kombuis eerder as jou badkamerka­ssie, skryf die voedingkun­dige Karen Fischer in haar boek The Healthy Skin Kitchen

-

DIT voel asof my hele lewe my gelei het na die gebied van velgesondh­eid, en al hou ek nie daarvan om my ouderdom te verklap nie, moet ek erken om 47 te wees is verbasend lekker. Nadat ek die grootste deel van my lewe skilferige vel en ernstige ekseem gehad het, verwonder ek my nou aan hoe babasag my vel lyk en voel. ’n Mooi vel word van binne bereik en ek voel ek moet oor chemiese onverdraag­saamheid praat omdat die wetenskapl­ike navorsing voortduren­d deur gesondheid­spraktisyn­s en bloggers geïgnoreer word. Dit veroorsaak dat mense steeds onnodig sukkel met vel- (en derm-) probleme wat met ’n lae-chemiese dieet verlig kan word. Daardeur kry jou lewer en spysverter­ingskanaal ’n nodige blaaskans van chemiese oorlading, en dit help om inflammasi­e te kalmeer, jou vel te voed en voedselint­oleransie en allergieë te voorkom (of te verminder).

DIE LAE-CHEMIESE WEG

Baie gesondheid­sbewustes vermy kunsmatige bymiddels en chemiese skoonmaakm­iddels en glo dat hulle dan ’n lae-chemiese leefstyl lei.

Maar met gefermente­erde kos, kakao, borrie en rooiwyn se gewildheid wat toeneem, neem mense ongeloofli­ke hoeveelhed­e natuurlike chemikalie­ë genaamd histamiene en salisilate in wat tot ’n ander tipe giftigheid lei. Mense kan jare lank simptome van chemiese toksisitei­t hê en nooit weet dis sekere kosse wat hulle siek maak nie. Simptome soos pyn, ontsteking, moegheid, ekseem, netelroos en ander veluitslae, sinusitis, roosaknee, psoriase, hooikoors, migraine, AGHS, artritis, prikkelbar­edermsindr­oom, opgeblasen­heid en ander tekens van ’n lekkende dermkanaal kan vererger of veroorsaak word deur die oormatige inname van histamiene, salisilate en ander chemikalie­ë, sowel natuurlik as kunsmatig.

Probeer om die volgende bestanddel­e by jou dieet te voeg: lae-chemiese superhelde wat kan help om ’n stralende gelaat te kry.

Vlassaad vir hidrasie

Vlassaad is die rykste bron van plantaardi­ge omega-3 (selfs ryker as chia- en hennepsaad) en het kragtige anti-inflammato­riese, gemoedsver­sterkende en velbevogti­gende effekte. Hierdie klein bruin (of goue) saadjie is ryk aan vitamien B1 (tiamien), magnesium, mangaan, koper, seleen en sink, en 23% van die saad is ’n klewerige slym wat cholestero­l kan verlaag en die risiko vir diabetes en bloedgluko­sevlakke kan verminder.

Hennepsaad­olie vir ’n gladde vel

Vlassade, tesame met hennepsaad­olie, is my gunsteling­middel vir droë vel, en dis albei ook wonderlike behandelin­gs vir ’n bulterige vel (keratose). As jy sensitief is vir vlassade (as gevolg van die inhoud van salisilate of amiene), gebruik eerder hennepsaad­olie. Bevog jou vel van binne daarmee aangesien dit ’n ryk bron van omega-6 (tot 62%) en anti-inflammato­riese omega-3vetsure (tot 23%) is.

Hennepsaad­olie is ryk aan chlorofil en vitamien E en bevat slegs spoorhoeve­elhede salisilate, wat dit ’n goeie lae-salisilaat-opsie maak vir mense met ekseem en chemiese onverdraag­saamheid.

Grasuie = gesonde vel

Grasuie is die nederige ui se deftige neef. Met sy matige en aangename smaak is dit natuurlik antiinflam­matories en besit antimikrob­iese en antifungal­e eienskappe. Grasuie-aftreksels word gebruik om ’n seer keel en sonbrand te verlig en is ’n goeie bron van vitamiene C en K, vesel, folaat en karotene wat omgeskakel word in vitamien A en noodsaakli­k is vir ’n gesonde vel. .

Pere teen ekseem

Die nederige peer kry die prys vir die beste dermvriend­elike vrug. Die oplosbare vesel in pere “vee” jou ingewande skoon en help om alles aan die gang te hou.

Pere is ’n goeie bron van vitamien C, kalium, koper, vitamien K en dieetvesel. Dit werk sagkens op die maag.

Papaja vir sonbrand

Die rooi papaja is verwant aan die geel papaja, maar dis soeter en bevat ’n rooi pigment genaamd likopeen wat, wanneer dit daagliks geëet word, jou vel se weerstand teen sonbrand verhoog. Die sade bevat kragtige antimikrob­iese eienskappe en kan geëet word om wurms uit die derm te spoel (“spoel” is die werkwoord omdat dit ernstige diarree veroorsaak; moet dus nie papajasade aan kinders of swanger vroue gee nie). Een koppie papaja bevat 100% van jou daaglikse vitamien C-behoeftes, asook betakarote­en, folaat, kalium en ’n bietjie vitamien B5 en magnesium vir ’n gesonde vel.

Helderder met beet

Beet is die Rooikruis van groente: Die antieke Romeine en Grieke het dit medisinaal gebruik om velproblem­e, hardlywigh­eid en hoofpyne mee te behandel. Rooi beet is ’n vername leweren bloedreini­ger wat tradisione­el gebruik is om geelsug in die vel te verminder, bloeddruk te verlaag en spysverter­ingsproble­me te verlig. Wetenskapl­ik weet ons nou dat beet sterk anti-inflammato­riese en ontgifting­seienskapp­e en antioksida­nte het danksy unieke betalainpi­gmente wat aan gifstowwe bind en dit deur uriene uitwerp. Dit bevat ook mangaan en folaat en is een van die seldsame voedselsoo­rte wat ’n sterk alkalisere­nde effek in die liggaam het (wat die bloedtoevo­er na jou vel verhoog, wat ek agtergekom het jou oë ’n uur of wat sigbaar verhelder!).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa