Huisgenoot

G’ n wag voor prins Ha r rys e mond

Sy ‘lekker lewe’ was ’n leuen, sê prins Harry, wat aanhou gal braak oor die koninklike­s – en hulle is glad nie beïndruk nie

- Saamgestel deur NICI DE WET

BAIE jare lank het prins Harry (36) ’n welverdien­de reputasie as die rakker van die Britse koningshui­s gehad. Wie kan vergeet hoe hy kaalbas in ’n hotelkamer in Las Vegas afgeneem is waar hy ontkleepok­er gespeel het? Of sy gejol in Kaapstad se nagklubs? Dit het darem na ’n lekker lewe gelyk. Maar dit was alles ’n leuen, vertel Harry nou – en hy wil hê almal moet dit weet.

As jy gedink het Harry en sy vrou, Meghan, se onderhoud met Oprah Winfrey vroeër vanjaar was hul finale poging om hul klagtes van hul bors af te kry, was jy verkeerd. Harry het sedertdien nog nie opgehou om sy mond uit te spoel nie.

En tot sy familie se bekommerni­s raak die woordmissi­ele wat hy veral op sy pa, prins Charles, en op die res van die Windsors afstuur, ál meer persoonlik.

Harry se onlangse ontboesemi­ng in die Apple+-dokumentêr The Me You Can’t See, wat hy saam met Oprah Winfrey vervaardig het, is maar een van die biegsessie­s. Daarin vertel hy die vrolike gesig wat hy as jong man opgesit het, het eintlik ’n gebroke siel versteek.

En in die akteur Dax Shepard se podsending oor geestesges­ondheid het Harry onlangs gesê sy lewe as koninklike was soos iets halfpad tussen ’n dieretuin en The Truman Show, ’n fliek oor ’n man wat heeltyd deur kameras afgeloer word.

Kykers wat Harry goedgesind is, beskryf hom as ’n dapper fluitjiebl­aser.

Maar waar die res van die Windsors in hul paleise al dié aantygings in die media moet lees, is hulle glo minder in hul noppies.

Koningin Elizabeth dra reeds swaar aan die afsterwe van haar man, prins Philip, én een van haar corgi’s die laaste ruk. Nou moet sy boonop haar kleinseun se verwyte – duidelik nog lank nie verby nie – ook verduur.

En prins Charles, die een wat die swaarste onder Harry se tong deurloop, voel luidens berigte gekwes en verboueree­rd.

“Charles voel aaklig,” sê een van die toekomstig­e koning se kennisse. “Hy wil met sy seun versoen word.”

Dié kennis sê ook Harry se verhouding met sy familie hang aan ’n draadjie so dun soos tandevlos.

“Almal sukkel om te verstaan wat hy uit dié optrede kry of wat hy daarmee wil bereik.”

HARRY SE WOORDE . . . OOR MEGHAN SE GEMOED

Harry vertel nou sy grootste spyt is dat hy nie vroeër in hul verhouding al “standpunt ingeneem” en “rassisme uitgewys het” nie.

Hy vergelyk sy vrou se ervaring met dié van prinses Diana. “My ma is na haar dood gejaag terwyl sy in ’n verhouding was met iemand wat nie wit was nie (die Egiptiese rolprent vervaardig­er Dodi Fayed), en kyk wat het nou gebeur.

“Dis asof die geskiedeni­s herhaal word. Hulle gaan nie ophou tot Meghan dood is nie. Dit is uiters ontstellen­d dat ek dalk

nóg ’n vrou in my lewe kan verloor.”

In een van die nuwe onderhoude vertel Harry hoe hy gereageer het toe hy uitgevind het Meghan, in daardie stadium ses maande swanger met hul seun, Archie, het daaraan gedink om haar eie lewe te neem.

Hulle het mekaar vinnig vasgehou, maar moes toe weer in die pad val om ’n Cirque du Soleil-vertoning in die Royal Albert Hall by te woon. “Ons het nie die opsie gehad om te sê ons gaan nie, want verbeel jou net die stories wat mense dan sou vertel.”

Op foto’s van daardie aand het Harry ’n strak gesig terwyl sy probeer dapper lyk.

Die oomblik toe die ligte afgegaan het, het Meghan glo begin huil en aan Harry se hand geklou tot sy kneukels wit was.

“Meghan het besluit om haar gedagtes om haar eie lewe te neem en ook die praktiese manier waarop sy dit sou doen met my te deel. Die ding wat haar die bangste gemaak het, was hoe helder haar gedagtes was.

“Sy het nie ‘kop verloor’ nie; sy was nie mal nie. Sy was nie vol pille of drank nie. Sy was geheel en al nugter, heeltemal by haar volle verstand. En tog het dié gedagtes haar laatnag wakker laat lê.

“Die ding wat haar gekeer het, was hoe onregverdi­g dit teenoor my sou wees ná alles wat met my ma gebeur het. Sy wou my nie in die posisie plaas om nou nóg ’n vrou in my lewe én die baba binne haar te verloor nie.”

. . . OOR PRINSES DIANA

Om in Londen te wees bring altyd vir hom onaangenam­e herinnerin­gs terug, sê Harry in een van sy nuwe onderhoude. Toe hy onlangs vir sy oupa se begrafnis teruggekee­r het, was hy “gespanne”.

“Dit is as gevolg van wat met my ma gebeur en wat ek beleef het.”

Die herinnerin­g aan hoe hy as hartgebrok­e 12-jarige agter sy ma se kis geloop het, traumatise­er hom steeds.

“Toe ek my ma net voor my 13de verjaardag verloor het, wou ek nie die koninklike lewe hê nie – ek wou nie die hartseer van my ma se dood met die res van die wêreld deel nie.

“Wat ek die meeste onthou, is die geluid van die perdehoewe op die sypaadjies in die Mall, op die rooi baksteenpa­d. Ek was geskok. Dit was asof ek buite my eie lyf was en net saam gestap en gedoen het wat van my verwag word.

“Ek kon een tiende van die emosie wys wat almal rondom my gewys het. ‘Dit was my ma,’ het ek gedink, ‘julle het haar nooit eens ontmoet nie.’ ”

. . . OOR CHARLES SE OUERSKAP

Harry is nie beïndruk met sy pa se koue ouerskapst­yl nie.

“Toe ek kleiner was, het my pa soms vir my gesê: ‘Wel, dis hoe dit vir my was, so dis hoe dit vir jou gaan wees.’ Dit maak net geen sin nie. Net omdat jy swaargekry het, moet jou kinders ook swaarkry?

“Dit moet mos andersom wees. As jy swaargekry het, moet jy seker maak jy kan die negatiewe ervarings wat jy gehad het vir jou kinders regstel.”

. . . OOR DIE DRANK EN DWELMS

Die wilde partytjies van sy 20’s was sy manier om die pyn van sy ma se dood te verwerk, sê hy. “Ek was bereid om te drink, dwelms te gebruik; te doen wat nodig was om my minder te laat voel wat ek voel.”

Hy sou ’n week se drank op ’n Vrydagof Saterdagaa­nd afsluk. “Nie omdat dit lekker was nie, maar omdat ek iets wou wegsteek.”

EN HOE WORD DIT ERVAAR?

In die koninklike binnekring raak Harry nou toenemend uitgebak.

“Mense raak moeg hiervoor,” sê iemand met binnekenni­s. “Hou op kla oor hoe aaklig jou uiters bevoorregt­e jeug was en hou op om jou titel te gebruik as die koninklike lewe jou so mislik maak.”

Harry se posisie verleen hom steeds enorme voorregte, sê dié binnestem. Hy het ’n reusehuis van sowat R196 miljoen in ’n idilliese buurt in Kalifornië, en mediahuise val oor mekaar om hom winsgewend­e kontrakte aan te bied.

Sarah Vine, ’n kenner van die koningsfam­ilie, meen Harry se huidige optrede is ’n fout. “Die probleem met al dié openbare dermsuitry­gery is dat dit binnekort ou nuus raak. Elke onthulling het minder impak as die vorige een.” As hy nie vinnig ophou nie, gaan mense ophou om aan hom aandag te gee, waarsku sy.

En Buckingham­paleis se stilte oor die aangeleent­heid is veelseggen­d. Op 19 Mei, toe Harry en Meghan hul derde huwelikshe­rdenking gevier het, was die paleis tjoepstil. Hulle het wel in dié tyd sy niggie prinses Beatrice met fanfare met haar swangerska­p gelukgewen­s.

Want terwyl hy nie genoeg woorde het om sy jare van swaarkry te verwerk nie, swyg sy naastes ál meer oor hom . . .

 ??  ?? GALBRAKERY AAN OPRAH Harry maak nog skokkende onthulling­s oor die koninklike lewe aan die kletskonin­gin Oprah Winfrey in die dokumentêr­e reeks
The Me You Can’t See.
GALBRAKERY AAN OPRAH Harry maak nog skokkende onthulling­s oor die koninklike lewe aan die kletskonin­gin Oprah Winfrey in die dokumentêr­e reeks The Me You Can’t See.
 ??  ?? STYWE BOLIP Oomblikke tevore het ’n swanger Meghan aan Harry gesê sy wil eie haar lewe neem, maar hulle moes ’n dapper gesig opsit by die Cirque du Soleil-première van Totem in Januarie 2019.
STYWE BOLIP Oomblikke tevore het ’n swanger Meghan aan Harry gesê sy wil eie haar lewe neem, maar hulle moes ’n dapper gesig opsit by die Cirque du Soleil-première van Totem in Januarie 2019.
 ??  ?? IN DIE FAMILIE VASGEVANG Nadat hulle vier jaar lank probeer het om dit te laat werk, het Harry en Meghan van die verstikken­de beperkings van die koninklike familielew­e weggebreek. Hier is hulle saam met koningin Elizabeth, Camilla en prins Charles, en Kate en William.
IN DIE FAMILIE VASGEVANG Nadat hulle vier jaar lank probeer het om dit te laat werk, het Harry en Meghan van die verstikken­de beperkings van die koninklike familielew­e weggebreek. Hier is hulle saam met koningin Elizabeth, Camilla en prins Charles, en Kate en William.
 ??  ?? OORLEWING OP ’N BETER MANIER Van dronk partytjies tot psigoterap­ie. Harry sê Meghan het hom aangemoedi­g om profession­ele hulp te kry.
OORLEWING OP ’N BETER MANIER Van dronk partytjies tot psigoterap­ie. Harry sê Meghan het hom aangemoedi­g om profession­ele hulp te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa