Huisgenoot

Loufi se debuutalbu­m is eindelik uitgereik

Sy liedjies is lankal gewild, en nou is dié rapper se debuutalbu­m eindelik hier

- Deur FRANCO HAVENGA

GAAN SÊ JOU MENSE

Al is Loufi se debuutalbu­m, Gan sê jou mense, nou eers uitgereik, is dié musikant en rapper al maande nie meer ’n vreemdelin­g in die plaaslike musiekbedr­yf nie. Die musiekvide­o’s van enkelsnitt­e soos “Boude”, “Wit skoene” en “Baas vannie plaas” is al miljoene kere op YouTube gekyk.

“Ek het regtig nie woorde nie. Ek voel baie nederig wanneer ek dink dat mense meer as ’n miljoen keer na my liedjie wil luister,” vertel Loufi. “Kyk, mense gaan oor jou praat, of dit nou goeie of slegte praatjies is. Of dit oor my gaan of oor my musiek, mense gaan praat. So laat die tonge maar klap en ‘gan sê jou mense’,” sê hy.

Loufi, wat deesdae in Johannesbu­rg woon, wil nie sy musiek in een genre plaas nie, maar die meeste van sy liedjies spog met ’n aansteekli­ke ritme. As hy die genre dus in een woord moet opsom, sal “vibe” sy musiek vasvang. “As ek saam met enige kunstenaar ’n liedjie doen, wil ek nie as ’n rapper uitblink nie; ek wil as ’n musikant uitstaan.”

VROEË BEGIN

Loufi, oftewel Jean-Luc Handel, het in die klein voorstad Young Park in Gqeberha grootgewor­d, en dit is ook uit sy kinderdae waaruit die bynaam Loufi spruit.

“Ek was al as kind mal oor rapmusiek, en ek het altyd vir my klein homeys gerap,” onthou Loufi. “Toe ek Eminem in die fliek 8 Mile (2002) sien, het ek dadelik geweet dié is wat ek vir die res van my lewe wil doen,” sê hy.

Maar dit is eers heelwat later in 2019, nadat Loufi as gehalte-inspekteur by sy destydse werkplek afgelê is, toe sy droom om musiek te maak ’n werklikhei­d begin word het. “Om afgelê te word het my gepush, want ek het geweet wat ek vir my lewe wil hê en wat ek wil doen,” vertel Loufi, wat ses maande daarna ’n platekontr­ak losgeslaan het.

Om die musiekvide­o vir sy liedjie “Ek is broke” te finansier, het hy sy motor verkoop. “Musiek is al 10 jaar ’n deel van my lewe, so toe ek eindelik daardie geleenthei­d kry, was dit ’n groot verligting.”

DIE LIEDJIESKR­YFPROSES

Wanneer die inspirasie kom klop, skryf Loufi op die plek ’n paar lirieke neer en rond dit daarna in die ateljee af. “Ek neem dan my idees oor ’n random beat op en stuur dit aan een van die musiekverv­aardigers saam met wie ek gereeld werk,” vertel hy. Die meeste van hierdie album se liedjies is deur Levin Adams en Jayms vervaardig.

“Hulle bou dan die beats en create die vibes, en daarna besluit ons saam watter dele werk en watter dele ons moet uitsny.”

BEKENDE STEMME

’n Hele paar opwindende samewerkin­gs met groot name in die bedryf verskyn op hierdie album en sal luisteraar­s verras. Aanhangers van Loufi se energieker treffers sal hou van “Liquorman” saam met Jack Parow en Jayms, en “BIG BIG BIG” saam met Early B, terwyl die nostalgies­e ballade “Lang pad”, ’n duet saam met die The Voice SA-wenner Tasché, ’n rustiger gevoel by die luisteraar sal meebring.

“Elke kunstenaar wat op die album verskyn, was premeditat­ed. Wanneer ek met ’n liedjie klaar was, het ek net geweet, hierdie liedjie skree Jack Parow en dié een skree Early B,” vertel Loufi.

 ??  ??
 ??  ?? MUSIEK
MUSIEK
 ??  ?? HOOFFOTO: Die plaaslike rapper Loufi het reeds naam gemaak met die aansteekli­ke ritmes en pittige lirieke van sy musiek. BO: Dié boorling van Gqeberha se debuutalbu­m, Gan sê jou mense, is onlangs uitgereik.
HOOFFOTO: Die plaaslike rapper Loufi het reeds naam gemaak met die aansteekli­ke ritmes en pittige lirieke van sy musiek. BO: Dié boorling van Gqeberha se debuutalbu­m, Gan sê jou mense, is onlangs uitgereik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa