Huisgenoot

Geldsake: Veranderin­gs aan aftreefond­se

- Deur LETITIA WATSON

OP 1 Maart is verskeie nuwe aftreefond­sreëls ingestel om te probeer verseker dat jy genoeg vir jou aftrede spaar. Voort smaak dit die belasting-en annuïteit s vereistes vir alle soorte aftree fondse( pensioen, voorsorg en uittree annuïteite) eenvormige r. Ons het Ja mes Coutinho, Liberty se senior bestuurder van groep-, korporatie­we- en kliëntebel­asting, gevra om dit in ’n neutedop te verduideli­k.

1 WORD EK DAARDEUR GERAAK?

Die nuwe reëls behoort jou nie juis te beïnvloed as jy reeds afgetree is nie. As jy nog vir jou aftrede spaar, kan dit jou wel raak, en jou aftreefond­s moet jou nou daaroor inlig.

Jou fondstipe (pensioen-, voorsorg -, pensioen bewarings -, voorsorg bewarings of uittree annuïteits­fonds) bepaal hoe jy geraak word. Kyk op jou fondsstaat, of vra jou werkgewer of jou finansiële raadgewer wat jou fondstipe is. Want as jy al van werk verander het, behoort jy moontlik tot verskillen­de fondstipes.

2 WAT IS DIE GROOTSTE VERANDERIN­GS?

Daar is drie nuwe reëls wat die aftree fonds omgewing redelik verander: die annuïtiser­ing van voorsorg-en voorsorg bewarings fondse( lees punt no. 3), nuwe moontlikhe­de vir aftreefond­slede om voordele belastingv­ry na ’n groter verskeiden­heid fondse oor te dra en veranderin­gs aan af

trekkings voor aftrede sou jy dalk wou emigreer.

3 WAT BETEKEN DIE ANNUÏTISER­ING VAN VOORSORG EN VOORSORG BEWARINGS FONDSE?

Annuïtiser­ing beteken jy ontvang ’n deel van jou aftree voordele a s’ n annuïteit s inkomste.

Voorheen was dit die geval vir ander aftreefond­se, maar nie vir voorsorg-en voorsorg bewarings fondse nie. Lede van die laasgenoem­de kon die volle waarde van hul voordele as een belasbare kontantbed­rag met aftrede onttrek.

Voortaan sal alle nuwe voorsorgfo­nds lede hoogstens een derde van hul totale voordele as ’n belasbare kontantbed­rag mag onttrek wanneer hulle eendag aftree. Die ander tweederdes van hul aftree geld sal a s’ n gereelde annuïteit s inkomste betaal word.

Uitsonderi­ngs:

■ Aftreevoor­dele minder as R247 500.

■ Bydraes van bestaande voorsorg-en voorsorg bewarings fonds lede toto p 1 Maart 2021.

■Voorsorgfo­nds lede wa top 1 Maart vanjaar 55 jaar of ouer was. Niks verander dus vir hulle nie, mits hulle by dieselfde fonds bly.

4 WAT IS MY ‘VESTIGENDE REGTE’

Jy het oorspronkl­ik in ’n voorsorgfo­nds belê met die verwagting dat jy al jou aftreegeld as ’n enkele, belasbare kontantbed­rag kan onttrek. Wat nou?

As bestaande lid (en nie nuwe lid nie) het jy die reg om die voordele (plus groei) wat jy voor 1 Maart vanjaar opgebou het as belasbare enkelbedra­g te onttrek wanneer jy aftree. Daardie geld word die “vestigende” liddeel genoem.

Alle bydraes ná 1 Maart vanjaar, plus die beleggings­groei daarop, sal onderhewig wees aan die nuwe reëls.

5 HOE WORD VOORDELE NOU NA ANDER AFTREEFOND­SE OORGEDRA?

Voorheen was die opsies vir lede van pensioen- en voorsorgfo­ndse om hul geld belastingv­ry na ’n ander aftreefond­s oor te dra – byvoorbeel­d wanneer jy van werk verander – baie beperk.

Maar sedert 1 Maart vanjaar kan jy nou jou bestaande aftreegeld tussen pensioen-, voorsorg- en na albei soorte bewaringsf­ondse skuif sonder enige nadelige belastingg­evolge.

6 WAT VAN ONTTREKKIN­GS VOOR AFTREDE AS EK EMIGREER?

In die toekoms sal onttrekkin­gs afhang van die aftreefond­slid se status as belastingb­etaler aan Suid-Afrika, en nie of jy geëmigreer het of nie. Die nuwe reëls raak lede van uittree annuïteit s -, pensioen bewarings-en voorsorg bewarings fondse.

As hulle nie formeel geëmigreer het nie, of nie teen 1 Maart aansoek gedoen het om te emigreer nie, sal die nuwe reëls nie gegrond word op hul emigrasie nie, maar op hul residensië­le belastings­tatus.

Hulle sal moet kan bewys dat hulle vir ’n onafgebrok­e tydperk van drie jaar nie ’n Suid-Afrikaanse belastingi­nwoner was nie voor hulle so ’n onttrekkin­g voor aftrede kan doen.

■Lede van uittree annuïteit s -, pensioen bewarings-en voorsorg bewarings fondse wat reeds geëmigreer het of wie se aansoeke teen 28 Februarie 2021 by die Suid-Afrikaanse Reserweban­k (SARB) of ander goedgekeur­de banke ingedien was (en daarna binne die jaar deur die SARB goedgekeur word).

■ Lede van pensioen- of voorsorgfo­ndse. Die volle na belaste waarde van’ n onttrekkin­gs voordeel sal steeds beskikbaar wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa