Huisgenoot

Liewe Elize

- LIEWE ELIZE As jy ’n persoonlik­e probleem het, skryf gerus aan Liewe Elize, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of elize@huisgenoot.com. Of SMS LIEWE ELIZE gevolg deur jou vraag na 36489. Elke SMS kos R1.

Ek trou een van die dae met die man van my drome, en met die inperking kan ons natuurlik nou nie meer ’n groot troue hê nie. Ons troue is juis met omtrent ’n jaar uitgestel omdat die inperking toe net begin het. Daar gaan nou net ’n handjievol gaste wees, maar ek is bang my toekomstig­e skoonfamil­ie vestig al die aandag op hulle. Hulle is luidrugtig en hou daarvan om gesien te word. Ek het vriende wat kom, maar nie juis familie nie. Omdat ek ekstra lank moes wag, wil ek graag ’n mooi dag beleef. H op L

As jy voel dat jy op jou troudag katvoet sal moet loop, kan voorafbepl­anning dit vir jou makliker maak, asook gesprekke waarin jy jou visie vir die groot dag verduideli­k. Onthou net, jou troudag is een dag in jou getroude lewe, maar jou skoonfamil­ie sal bes moontlik vir die hele duur van die huwelik daar wees. ’n Opmerking wat aanstoot gee of gevoelens wat seergemaak word, kan daarom langdurige nagevolge hê. Dit is nie die beste wegspringb­lok vir ’n toekoms saam met die familie waarvan jy nou deel word nie.

Sluit in, betrek en waardeer is die goue resep vir ’n troudag wat vlot verloop. Mense aan wie vooraf ’n verantwoor­delikheid toevertrou word, sal dalk te besig wees om luidrugtig te kan wees, en dit kan hulle ook laat voel dat daar erkenning aan hulle gegee word. Bespreek elke aspek van hierdie pligte wat uitgedeel word eers met jou verloofde. Hy ken sy familieled­e en hul sensitiwit­eite en talente beter en kan leiding gee.

Onthou ook die reël dat bloed dikker as water is wanneer dit kom by grense stel vir die groot dag sonder om aanstoot te gee. Laat jou verloofde dit eerder hanteer, maar moenie te veel klem daarop plaas nie. Anders kan jy hom dalk in ’n posisie stel dat hy voel hy moet kant kies.

Al het paartjies dikwels die sprokiesid­ee van ’n prins-en-prinsesdag, help dit om in gedagte te hou dat nie net die bruid en die bruidegom vandag tot ’n nuwe eenheid verbind word nie, hul families stap ook nou ’n paadjie saam met hulle.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa