Huisgenoot

Liewe Elize

-

V Ek en my man is al meer as vyf jaar getroud en het kinders. In hierdie tyd het ons nog nooit alleen gebly nie. Eers het my swaers vir ’n hele paar jaar by ons tuisgegaan en nou is skoonma by ons. Die swaers kom steeds elke dag by ons eet. Ek is moeg. Ek kan nie meer nie. My man verstaan nie dat ek so voel nie. Ons kon nog nooit ’n behoorlike gesprek hê voor een ingetrek het nie. Ek sien maar net ons het ’n nuwe inwoner. Ek dink die enigste opsie is skei. B op E

A Jy voel nie net oorweldig deur die werk wat die ekstra huisbewone­rs meebring nie, maar ook deur jou man se kortsigtig­heid en onbedagsaa­mheid teenoor jou.

Hy gaan beslis nie grense aan sy familieled­e stel nie. Jy sal dit in jul huishoudin­g moet doen, maar sonder om sy familie aan te val. Gooi dit oor ’n praktiese boeg.

Vir eers moet jy daarop aandring dat die swaers wat so lekker saam eet, ’n bydrae daarvoor lewer.

Hou die kontantstr­okies van jou aankope van kruidenier­sware vir ’n maand en wys jou man hoeveel ekstra hul etes julle kos. Wys hom daarop dat julle die geld vir jul kinders se onderrig kon gespaar het.

Trek ’n streep in die sand en sê dat jy net maaltye vir die broers sal verskaf as hulle met bestanddel­e of kontantbyd­raes help.

Stel dit ook as voorwaarde dat as hulle wil saam eet, hulle daarna moet skottelgoe­d was en vooraf met die bereiding moet help. Sê vir jou man al die ekstra werk en die spanning wat dit meebring, raak vir jou te veel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa