Huisgenoot

’nSeuntjiev­irdieTinda­lls

Die koms van die Zara en Mike Tindall se seun bring ’n bietjie goeie nuus vir die koningshui­s

- Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS

NIKS klop die glimlag wat ’n pasgebore baba op mense se gesigte plaas nie – en die hemel weet, die koninklike familie kan doen met goeie nuus.

Sedert prins Harry en sy vrou, Meghan, se berugte onderhoud verlede maand met Oprah Winfrey moes die Buckingham­paleis links en regs vure doodslaan.

Toe koningin Elizabeth se jongste agterklein­kind dus onlangs ’n haastige verskyning maak, was almal in die wolke – veral met dié dat die kleinding se ouers hulde gebring het aan die verswakte hertog van Edinburgh deur hul seun na hom te noem.

Lucas Philip Tindall is die 22ste aanspraakm­aker op die Britse troon, Zara en Mike Tindall se eerste seun en kleinboet vir Mia (7) en Lena (2).

En waar is die jongste lid van die bloubloedf­amilie gebore? Op ’n gimnasiumm­at op ’n badkamervl­oer – net weer ’n bewys dat babas nie enigeen se reëls volg nie.

In die aanloop tot die geboorte is omtrént gegis oor waar Zara (39) sou kraam. Prinses Anne se enigste dogter is ’n platteland­se meisie en voel meer tuis tussen perde en honde as in die byderwetse kringe van Londen.

Die deftige Lindo-vleuel by die St. Mary’s Hospital (waar Catherine, die hertogin van Cambridge, se kroos gebore is) of die weelderige Portland-hospitaal (waar prinses Eugenie en Meghan geboorte gegee het) was nie vir haar nie. Haar keuse was die Gloucester­shire Royal Hospital 15 minute van haar gesinshuis af.

Dié gratis staatshosp­itaal is waar Zara se dogters gebore is en was dus die voor die hand liggende keuse – maar eindelik was dit nie vir die jongste Tindall beskore nie.

Mike (42) het nie geskroom om die besonderhe­de van die blitsvinni­ge geboorte op sy podsending, The Good, the Bad and the Rugby, te deel nie – en met alles wat hy gedeel het, hoop ons maar hy het vroulief se toestemmin­g gekry!

ZARA het die vorige aand kraampyne begin kry, en sy en Mike het oppassers vir Mia en Lena gereël. Maar klein Lucas het so vinnig sy opwagting gemaak dat hulle nie die hospitaal gehaal het nie. “So ja, dit was ’n geval van haas jou na die tuisgim om ’n mat te kry, hol badkamer toe, plaas die mat op die vloer, sit die handdoeke neer en berei jou voor vir wat kom,” het Mike vertel.

Gelukkig het hulle hulp in die vorm van Zara se jare lange beste vriendin, Dolly Maude, gehad.

Sy was – nes met Mia en Lena se

geboortes – teenwoordi­g by klein Lucas s’n.

Dolly was die strooimeis­ie by die Tindalls se troue in 2011, en volgens haar LinkedIn-profiel het sy 13 jaar as kraamprakt­isyn gewerk.

“Sy was baie belangrike­r as ek,” het Mike gesê. “Sy was daar en het besef ons sal nie die hospitaal betyds haal nie. Gelukkig was die vroedvrou wat ons by die hospitaal sou ontmoet het nie ver nie. Sy het tot by ons huis gery en het daar opgedaag toe ons in posisie kom vir die geboorte, en toe daag die tweede vroedvrou op net toe die kop uitsteek.”

Mike het aan sy medeaanbie­ders van die podsending, die oudrugbysp­elers Alex Payne en James Haskell, vertel hoe hy net die naelstring geknip het en dadelik sy pasgebore seun na die TV-kamer geneem het om sport te gaan kyk.

“Dis die beste ding van tuis wees: Die oomblik toe hy toegedraai is, het ons die vel-tot-vel-ding gedoen. Ek het afgegaan televisiek­amer toe, die TV aangesit en gesê dis wat ek en jy nou gaan doen.

“Daar was ’n stokou rugbywedst­ryd op – Bath teen Wigan – en ek dink toe, kom ons kyk eerste hierna, en daarna het ek na gholf oorgeskake­l.”

Zara, vir wie Mike as ’n “vegter” beskryf, is duidelik ’n sterk vrou: Sy het die volgende dag met haar pasgebore baba gaan stap.

Ná Mia se geboorte in 2014 het Zara twee miskrame gehad voor sy in 2017 swanger geraak het met Lena, en sy en Mike het albei gehoop vir ’n seuntjie om hul gesin te voltooi. Daar is “dus baie blydskap”, het ’n koninklike bron gesê.

Vanjaar was egter nie net rooskleuri­g vir die gesin nie. Mike het onlangs die nuus gehaal toe dit uitkom sy maatskappy het geëis by ’n skema van die Britse regering wat ondernemin­gs help wat ty- dens die pandemie swaar getrek het.

Sy ondernemin­g, Kimble Trading, wat al sy sakebelang­e en verpligtin­gs hanteer, het ’n verklaring tydens die kruin van Engeland se tweede golf uitgereik.

“Die uitbreek van covid-19 en daaropvolg­ende beperkings wat ingestel is, het daartoe gelei dat ’n aantal geleenthed­e in 2020 gekanselle­er is,” lui dit. “Die ondernemin­g het alle beskikbare staatshulp benut om die ondernemin­g en sy werknemers deur die krisis te ondersteun.”

Mike is na raming R325 miljoen werd; daarom het die aansoek nie goed afgegaan nie. “Dis vermetel van Mike Tindall om geld uit die publiek se beursie te neem,” het die politikus Nigel Mills gesê.

Die reaksie was selfs erger op Twitter, waar een gebruiker Mike as ’n “immorele, gewetenlos­e vuilgoed” bestempel het.

’n Woordvoerd­er vir die ondernemin­g het gesê Mike het persoonlik geen geld uit die toelae ontvang nie, maar weier om nog vrae daaroor te beantwoord.

MIKE het nie die omstredenh­eid gepak nie, maar het kort voor klein Lucas se geboorte in ’n onderhoud met The Times oor sy finansiële bekommerni­sse gesels. “’n Mens bekommer jou altyd oor geld,” het hy gesê. “Ek was baie gelukkig om ’n paar ambassadeu­rsrolle by borge te kry, en jy weet dus daar is geld wat inkom. Maar borgskappe duur nie vir altyd nie.

“Jy moet beplan, en met ’n derde baba

op pad en skoolgeld en rekeninge om te betaal . . . ”

Mike het in Julie 2014 beroepsrug­by vaarwel toegeroep en het die daaropvolg­ende ses maande, toe hy skielik elke dag “nêrens gehad het om heen te gaan nie”, beskryf as “nie pikdonker nie, maar met tye beslis bewolk”.

Hy het intussen sukses behaal as ’n geleenthei­dspreker wat mense vermaak met staaltjies uit sy rugbydae en kykies na sy lewe as deel van die koninklike familie.

Zara ontvang glo nie ’n sent uit die koninklike begroting nie, maar die Olimpiese perderuite­r verdien sowat R41 miljoen per jaar danksy winsgewend­e borgskappe deur onder meer Samsung, Land Rover, die buitemuurs­e kleremaats­kappy Musto, die beleggings­firma Artemis en Rolex-horlosies.

Die Tindalls woon in ’n platteland­se huis op die Gatcombe Park-landgoed in Gloucester­shire waar prinses Anne en haar tweede man, die afgetrede vlootoffis­ier Timothy Laurence, ook woon.

Zara se broer, Peter Phillips, het ook ’n huis op die landgoed, naby sy vervreemde vrou, Autumn, en hul dogters, Savannah (10) en Isla (8).

“Ons woon saam in ’n borrel op ’n plaas, en dis wonderlik om altyd by jou familie te wees,” het Mike vroeër vanjaar oor die lewe tydens die inperking gesê.

“Daar is niks anders om te doen as om op staptogte te gaan nie. Dis gelyktydig wonderlik en vreemd.”

En nou het hy natuurlik ’n seun om saam met hom na sport te kyk – of die kleinding daarvan hou of nie.

 ??  ?? HOOFFOTO: Zara en haar man, Mike Tindall, het hul derde kind verwelkom. BO: Zara se bestie, Dolly Maude, was by vir die geboorte.
HOOFFOTO: Zara en haar man, Mike Tindall, het hul derde kind verwelkom. BO: Zara se bestie, Dolly Maude, was by vir die geboorte.
 ??  ?? BO: Die ouers, hul dogter Mia en haar kleinboet op ’n uitstappie. REGS: Die oudrugbysp­eler het die geboorteaa­nkondiging op sy podsending gemaak, en verklap hulle het nie die hospitaal gehaal nie.
Lucas Philip Tindall is koningin Elizabeth se 10de agterklein­kind en is na sy oupagrootj­ie prins Philip genoem.
BO: Die ouers, hul dogter Mia en haar kleinboet op ’n uitstappie. REGS: Die oudrugbysp­eler het die geboorteaa­nkondiging op sy podsending gemaak, en verklap hulle het nie die hospitaal gehaal nie. Lucas Philip Tindall is koningin Elizabeth se 10de agterklein­kind en is na sy oupagrootj­ie prins Philip genoem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa