Huisgenoot

SUPER NINTENDO WORLD MAAK DEURE OOP

-

'n Splinternu­we pretpark, Super Nintendo World, het in Osaka, Japan, geopen. Nintendo is 'n maatskappy wat daarvoor bekend is dat hy van die wêreld se gewildste en beste videospele­tjies soos Mario Bros. vervaardig, asook konsoles soos Wii en Nintendo Switch. Die park, wat ongeveer 'n halfmiljar­d dollar (meer as R7 miljard) gekos het om te bou en meer as ses jaar geneem het om te ontwikkel, was veronderst­el om verlede jaar voor die Olimpiese Spele in Tokio te open om toeriste te lok. Die coronaviru­skrisis het die land gedwing om die planne opsy te skuif aangesien hul grense steeds vir internasio­nale besoekers gesluit is. Die maatskappy hoop om meer van die pretparke wêreldwyd, soos in Singapoer en die VSA, te open.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa