Huisgenoot

GEBROKE OOR SY WIL SKEI

-

Ek is gebroke hier waar ek vir jou skryf. My vrou van meer as ’n dekade wil skielik skei. Ons het onlangs die soveelste keer probeer om van voor af met ons verhouding te begin, maar sy toon geen belangstel­ling nie. Ek is ontsettend lief vir haar. Sy meen sy het haar liefde vir my verloor en dink berading gaan nie help nie. Sy wil ook nie aan haarself werk nie. Hoe kom ek oor hierdie tragedie? M op S

Niemand trou met die idee om te skei nie. Huweliksbe­loftes is iets waaraan vele van ons vashou selfs lank nadat ons weet die liefde het opgedroog en die huwelik is verby. Maar ontkenning is ’n onnodige slaanstok en maak dit vir ’n mens moeilik om die werklikhei­d onder die oë te sien.

Hoe kan jy jouself oortuig dit is wel verby? Daar is tekens waarop jy kan let: Julle deel nie meer besluite oor die toekoms soos om saam ’n nuwe motor te koop nie; sy gesels nie meer spontaan met jou nie en luister ook nie na jou behoeftes nie. Nog ’n gevaarteke­n is as daar nie meer vervullend­e seks is nie. As jul doelwitte begin verskil en sy verskoning­s maak om nie by jou te wees nie, sal die huwelik selfs met berading moeilik gered kan word.

Moenie jou gevoelens geringskat nie. Gesamentli­k is dit ’n bondel gevoelens soos ’n trein wat op jou afstorm. Skei dit van mekaar deur die gevoel van die oomblik ’n naam te gee soos “dit is woede; dit is rou” sodat jy dit kan verwerk.

Moenie wag tot die egskeiding afgehandel is voor jy met iemand praat oor hoe om dié ingryping te verwerk nie. As jy nie ’n berader wil spreek nie, maak jou hart teenoor vertroueli­nge oop. Om die skeiproses minder pynlik vir jou te maak, stel ek gesamentli­ke bemiddelin­g voor sodat julle met ’n voorbereid­e skikking hof toe kan gaan. Dit is moeilik en hartseer, maar minder seer as om in ’n geding teenoor mekaar te staan te kom. Afsluiting kom ook makliker as die manier waarop julle uitmekaarg­aan nie ekstra hartseer veroorsaak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa