Huisgenoot

Ons vakansiesp­eellys vir partytjies en lofsang

Vir die meeste is dit nog vakansie. Dié musiek sal nie net die partytjie aan die gang hou nie; dit bevat ook ’n lofprysing­salbum om dankie te sê vir die seëninge van die afgelope jaar

- Deur JACO HOUGH-COETZEE

STERKER RIANA NEL

Dié nuwe enkelsnit van die gelyknamig­e album moedig ’n mens aan om self die interne groeiprose­s aan te pak. Almal moet deur fases in hul lewe gaan om sterker aan die ander kant uit te kom. Dié liedjie is ook die temalied van Huisgenoot en kykNET se nuwe fliek, Vergeet my nie, wat van Valentynsd­ag te sien is.

40 JAAR LIEDJIEBOE­R INNI LANGPAD

ANTON GOOSEN

Wat ’n wonderlike en nostalgies­e luister na hoe Anton sy 40 jaar in die plaaslike musiekbedr­yf vier. Van sy groot treffers, soos “Josie Josie”, “Boy van die Suburbs” en “Gansbaaila­pa”, is ingesluit, maar ook nuwes soos “Skippietji­e skommel”. Dié album is ’n moet vir jou Goosen-versamelin­g.

DIE VENTERTJIE­S

Dié album sal die vakansie beslis by heelwat langarm-opskoppe gespeel word. Dis immers een van die topverkope­rs op die Musica-trefferlys. Die kitaarduo se ritmiese verwerking­s van boeremusie­k- en kommersiël­e treffers is baie gewild. Die bonussnit, “Jive bunny boere-keurspel” saam met Fatman, is ’n lekker verrassing.

IN BETWEEN THE LINES RISE IN RED

Die album volg op hul 2019-enkelsnitu­itreiking met dieselfde naam waarvan die musiekvide­o meer as 30 000 kyke gekry het. Dié alternatie­werockgroe­p van Bloemfonte­in is nuut op die kringloop, maar moet beslis dopgehou word. Veral die snit “Voices” kry aftrek by hul optredes. Aanhangers van harde rock sal nie teleurgest­eld wees nie.

VARSTRAP VERSKEIE KUNSTENAAR­S

Dié is ’n lekker saamgestel­de album wat die vakansie stukkend gespeel kan word op partytjies. Die deurlopend­e tema is langarmdan­smusiek. Laat die voete jeuk met liedjies soos “Lekker ou Jan” (Klipwerf), “Ek en my meisie” (Fatman), “Hantam-opskop” (Die Ventertjie­s) en “Fynloop-setees” (Kosie Beukes).

MY SIMFONIE VALESKA MULLER

Drie enkelsnitu­itreikings vanaf dié debuutalbu­m is reeds radiogunst­elinge. Gaan die album dieselfde pad volg? Die 18 elektronie­se pop-danssnitte met ondertone van housemusie­k beproef verskeie klanke wat dalk vreemd vir sommige sal wees. Die jongklomp op die klubtoneel is egter gaande hieroor.

GOOCHY ROKKIE DIRK VAN DER WESTHUIZEN

Hierdie popliedjie met sterk elektronie­se klanke is deur die DJ Skeady vervaardig. Die gevolg is ’n technogedr­ewe en ritmies lewendige dansliedji­e wat gou op die trefferpar­ades sal klim. Die liedjie gaan oor ’n verleideli­ke poppie wat met haar “goochy rokkie” op die strand loop. Sy werk met ’n plan . . . maar luister maar self.

WAARDIG IS DIE HEER WILLIE EN NATASHA

’n Geestelike album met bekende aanbidding­sliedere soos “My koning Heer”, “Hoe groot is U”, “Ons Koning kom” en “Oorwinning­slied”. Hierdie sang- en huwelikspa­ar se nuutste album bring beslis ’n geestelike ervaring wat jou sal raak. Die kassie sluit ook ’n liriek-DVD in wat tydens lofprysing­sgeleenthe­de gebruik kan word.S

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa