Huisgenoot

Maklik vir die kosblik

Hier is vyf supermakli­ke kospakkies – lekker en vullend genoeg om die kleinspan deur pouse tot ná sport aan die gang te hou

- Deur CARMEN NIEHAUS Foto’s: MISHA JORDAAN

KOSBLIK 1 POUSE TORTILLAEI­ERBAKKIES

LEWER 6 BAKKIES BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 40 MIN.

6 snoepery-tortillas (sowat 10 cm groot) 250 ml (1 k) gerasperde kaas

200 g ham, in blokkies gesny

150 g babatamati­es, gehalveer

6 eiers, geklits

250 ml (1 k) melk sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 6 holtes van groot muffinpann­e met kossproei.

1 Vou elke tortilla in ’n kwart. Plaas dan een in elke muffinbakk­ie en vou dit half oop sodat dit ’n bakkie binne-in die muffinbakk­ie vorm. Druk dit dan vas. 2 Sprinkel ’n bietjie kaas oor elkeen. 3 Verdeel die ham en tamaties tussen die bakkies en sprinkel die orige gerasperde kaas bo-oor.

4 Klits die eiers en melk saam, geur met sout en peper en giet oor. 5 Bak 40 min. of tot die vulsel gestol is. Koel af en verkoel tot benodig.

Jy kan ook filodeeg, in groot vierkante gesny, gebruik om die bakkies te maak.

NÁ SKOOL

’n Lae-GI-broodjie met grondboont­jiebotter (sonder suiker) en skyfies piesang.

KOSBLIK 2 POUSE

KAASFRIKKA­DELLETJIES

LEWER 25 KLEIN FRIKKADELL­ETJIES BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

2 eiers

125 ml (½ k) water

250 ml (1 k) broodkrumm­els sout en peper 500 g maalvleis

250 ml (1 k) fyngekapte of gerasperde groente soos wortel en spinasie

125 ml (½ k) gerasperde kaas olie om in te braai

1 Klits die eiers en water saam, voeg die broodkrumm­els by en laat 5 min. staan. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed.

2 Vorm in balletjies en braai in vlak olie tot bruin en gaar.

3 Laat heeltemal afkoel en verkoel.

4 Sit voor saam met ’n jogurt-en-mayonnaise­mengsel en ryskoekies, indien verkies.

NÁ SKOOL

Vrugtejogu­rt met opgesnyde vrugte; ryskoekies.

KOSBLIK 3 POUSE

Toevouroll­etjie met vulsel van gerookte hoender, gerasperde wortel en mayonnaise; vrugte.

NÁ SKOOL

HAWERMOUTB­LOKKIES

Dié resep is ’n variasie op outydse crunchies.

LEWER SOWAT 18 BLOKKIES BEREIDING: 10 MIN. BAK: 30-45 MIN.

250 g dadels, fyngekap (of vervang die helfte daarvan met bosbessies en/of gekapte Turkse appelkose) 375 ml (1 k) hawermout 125 ml (½ k) klapper 125 ml (½ k) gemengde sade

125 ml (½ k) klipgemaal­de witbroodme­el 5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kaneel ’n knippie sout

30 ml (2 e) olie

30 ml (2 e) heuning 60 ml (¼ k) gesmelte botter of klapperoli­e 125 ml (½ k) lemoensap, melk of tee

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantig­e koekpannet­jie, 20 cm in deursnee.

1 Meng die droë bestanddel­e goed.

2 Meng die nat bestanddel­e.

3 Voeg bymekaar, meng goed en druk in die pannetjie vas.

4 Bak 30-45 min. tot goudbruin en gaar. Laat heeltemal afkoel en sny in blokkies of skyfies.

KOSBLIK 4 POUSE

Saadbroodr­olletjie met vulsel van tuna-mayo en blaarslaai.

NÁ SKOOL

MIELIEPAST­ABLOKKIES

LEWER SOWAT 20 BLOKKIES BEREIDING: 15 MIN. BAK: 40 MIN.

6 eiers, geklits

125 g gebraaide, gekapte spek

1 klein ui, gerasper

250 ml (1 k) gaar macaroni 400g-blik geroomde mielies of die helfte daarvan pitmielies

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaa­s paprika vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantig­e koekpannet­jie, 20 cm in deursnee.

1 Meng al die bestanddel­e buiten die paprika. 2 Skep in die koekpannet­jie, druk gelyk en sprinkel die paprika oor. Bak 40 min. tot gestol, laat afkoel en sny in blokkies.

Dié blokkies vries lekker. Nadat dit afgekoel en gesny is, kan jy dit in die vrieskas bêre. Haal uit en laat ontdooi soos jy dit nodig kry.

KOSBLIK 5 POUSE

KAAS-EN-TUNAMUFFIN­S

LEWER 10 MUFFINS BEREIDING: 15 MIN. BAK: 15-20 MIN.

200 g volkoringb­ruismeel 100 g cheddarkaa­s, gerasper

100 g spinasie, gekap, of murgpampoe­ntjies (opsioneel)

100 g tuna, gedreineer 1 eier

60 ml (¼ k) olie

160 ml (²⁄₃ k) melk

5 ml (1 t) paprika sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papierbakk­ies in 10 holtes van ’n middelslag­muffinpan.

1 Meng die meel, kaas,

groente en tuna.

2 Klits die eier, olie en melk saam en geur met paprika, sout en peper. Meng met die meelmengse­l. 3 Skep in die papierkopp­ies en bak 15-20 minute tot ’n toetspen skoon uit die muffin kom.

Kan ook gevries word.

NÁ SKOOL

SJOKOLADEG­RONDBOONTJ­IEBOTTERKO­EKIES

LEWER 18-20 KOEKIES BEREIDING: 10 MIN. BAK: 15 MIN.

250 g grondboont­jiebotter, suikerloos

20 g kakao

1 eier 80 g bruinsuike­r

5 ml (1 t) koeksoda versiersui­ker om in te rol heel grondboont­jies vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 bakplate.

1 Meng al die bestanddel­e buiten die versiersui­ker en heel grondbone. 2 Skep 15 ml (1 e) deeg uit met ’n maatlepel en rol dit in ’n balletjie. Rol dit dan in versiersui­ker. 3 Pak op ’n bakplaat en druk effe plat met ’n vurk. Plaas heel grondbone bo-op en druk liggies vas.

4 Bak 15 minute tot gaar. (Die koekies sal steeds sag wees.) Laat afkoel op die bakplaat. Pak dit dan op ’n afkoelrak en laat heeltemal afkoel. Bêre die koekies in ’n lugdigte houer. ■

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa