Huisgenoot

HOE GEMAAK AS JOU KIND AAN VERANTWOOR­DELIKHEIDS­IN ‘LY’? EN AS JOU KINDERS VERSKIL?

- – CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY

MOEDIG ’N BALANS AAN

Kinders met ’n sterk verantwoor­delikheids­in is gewoonlik pligsgetro­u met skoolwerk, sê Catherine Radloff, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Kaapstad. “Hulle is meestal ook besonder bedagsaam en geduldig en hul motivering kom vanuit hulself.”

Hoewel ouers graag wil hê hul kinders moet aanspreekl­ikheid aanleer, beteken dit nie jong kinders moet te verantwoor­delik voel en daaroor angstig raak nie, sê Sigi Graham, ’n berader en sielkundig­e van Pretoria.

Catherine sê dit kan soms angstighei­d skep. “Wanneer hulle dan nie by hul onrealisti­ese standaarde kan uitkom nie, kla hulle soms oor gereelde hoof- of maagpyn.”

Dis belangrik dat ouers hul kinders help om ’n balans tussen hul verantwoor­delikhede en ontspannin­g te handhaaf.

“Skool is oefening vir hoe jy eendag die lewe sal hanteer. En hoewel dit belangrik is om te studeer en hard te werk, is dit ook belangrik om ander dinge soos sosiale vaardighed­e en konflikhan­tering aan te leer,” sê Catherine.

Sigi sê kinders moet leer dat hulle mislukking nie hoef te vrees nie. “Kinders moet leer dat mislukking ook waardevoll­e lesse inhou.”

STEL GRENSE

Om jou kind te help ontspan en ’n balans te handhaaf, moet jy tyd maak vir dinge wat hy geniet, verduideli­k Catherine. “Dit kan sport, kuns of sosialiser­ing met maats wees.”

Indien jy reëls wil maak om jou kind te dwing om soms van leerwerk weg te breek, moet jy dit met hom bespreek, sê Catherine. “Hou die grense eenvoudig. Hou by- voorbeeld ’n gesinsverg­adering en besluit op vyf dinge wat nodig is en vyf goed wat nie gewens is nie. Skryf dit neer en plak dit teen die yskas waar jou kind dit kan sien.”

Neem ook jou kind se ouderdom in ag, is Sigi se raad. “Met baie jong kinders het jy nog meer beheer oor hul roetine en kan jy dit net begin toepas. En jy moet ’n voorbeeld stel, want jy kan nie net vir kinders preek nie. Breek self weg van elektronie­se toestelle of bring tyd in die natuur deur saam met jou kind.”

“Ouers kan kinders help om ’n gebalansee­rde tydrooster op te stel,” sê Annette du Plessis, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Somerset-Wes. “Op ’n rooster kan kinders visueel sien dat hulle al hul skoolwerk kan doen en steeds genoeg tyd sal hê om ook te ontspan.” In gevalle waar een kind erg bekommerd oor skoolwerk raak en ’n tweede dalk juis meer tyd agter die boeke moet deurbring, is dit belangrik om te onthou kinders verskil, sê Sigi. “Pak dit versigtig aan, want kinders kom gou agter as daar verskillen­de verwagting­s van hul sibbe is. Verduideli­k dat elkeen ander sterk punte het en dus dinge soms anders moet doen. Maar maak seker jy vergelyk nie die kinders met mekaar nie.”

Annette meen ouers moet by albei kinders balans aanmoedig. “Tydsbestuu­rmetodes is nuttig. Die verantwoor­delike kind het dalk hulp nodig om ontspannin­gsaktiwite­ite te skeduleer, waar die minder verantwoor­delike kind hulp nodig het om akademiese take te beplan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa