Huisgenoot

’HY HET GEVRA OF EK CLARA SAL SPEEL EN NATUURLIK HET EK JA GESÊ’ – MACKENZIE FOY

DIÉ D OPKOMENDE STER IS AL VAN KLEINS AF IN HOLLYWOOD BEDRYWIG. NOU HET SY HAAR EERSTE HOOFROL

-

VELE TALENTE

Mackenzie hou van skilder en het duidelik ritme! Sy’s opgelei in ballet, jazz en klopdans. Sy’t boonop ’n swart gordel in die gevegkuns taekwondo.

DEURBRAAKR­OL

Lyk haar gesig bekend? Dit behoort. Mackenzie het Bella (Kristen Stewart) en Edward (Robert Pattinson) se dogter, Renesmee Cullen, in die laaste twee Twilightfl­ieks gespeel. Sy was toe net 10 jaar oud.

KLEINTYD AL MODEL

Sy’t eers haar lyf model gehou voor sy aktrise geword het. Mackenzie (17), wat in Los Angeles grootgewor­d het, was net vier toe sy modelwerk vir modereuse soos Guess, Polo, Ralph Lauren en Gap gedoen het. Sy’t op nege begin toneelspee­l. Sy is al aktrise in haar gesin. Haar pa, Andrew, is ’n vragmotorb­estuurder en haar ma, Giorgina, ’n tuisteskep­per.

DISNEYPRIN­SES

Mackenzie (17) is van 2 November in rolprentte­aters te sien in haar eerste hoofrol as Clara. Haar karakter word na ’n geheimsinn­ige, parallelle wêreld weggevoer in die sterbelaai­de Disneyflie­k The Nutcracker and The Four Realms. “Ek was in die stort toe my ma in die badkamer inhardloop en sê Lasse (Hallström, die regisseur) is op die foon,” vertel sy. “Hy het gevra of ek Clara sal speel en natuurlik het ek ja gesê.”

WENNER

Haar talent word beslis raakgesien. In 2015 het sy die Saturnprys vir die beste toneelspel deur ’n jong akteur gewen vir haar rol as Murphy Cooper, Matthew McConaughe­y se dogter in die fliek Interstell­ar.

 ?? Saamgestel deur COLIN HENDRICKS ??
Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa