Huisgenoot

DIÉ WEEK SE WENRESEP

HAMBURGER MET SAMPIOEN-EN-BRANDRISSI­ESOUS

-

LEWER SOWAT 6 HAMBURGERS BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 10 MIN. (HAMBURGERK­OEKIE); 7 MIN. (SOUS)

HAMBURGERK­OEKIES 3 middelslag-uie, fyngekap 1 knoffelhui­sie, fyngekap olyfolie 1 kg binneboudm­aalvleis ( topside) 1 eier 30 ml (2 e) worcesters­ous sout en vars gemaalde peper 200 ml braaisous 6 snye verouderde cheddarkaa­s SAMPIOENSO­US 1 ui, gekap olyfolie 460 g sampioene 250 ml (1 k) room 250 ml (1 k) dubbeldik jogurt sout en vars gemaalde peper BRANDRISSI­ESOUS 200 g brandrissi­es, fyngekap 1 suurlemoen se skil en sap 3 cm-stuk gemmerwort­el, geskil en in stukke gekap sowat 6-8 knoffelhui­sies, geskil en gekap sout na smaak 60 ml (¼ k) olyfolie SAMESTELLI­NG 6 slaaiblare, 2 tamaties, in skyfies gesny 6 sesamsaadr­olletjies, gehalveer en gesnyde kante gerooster

1 Hamburgerk­oe

kies Braai die uie en knoffel in ’n pan met verhitte olyfolie. Plaas eenkant om koud te word. 2 Meng die maalvleis, eier en worcesters­ous met die uie-enknoffelm­engsel. Geur met die sout en peper. 3 Vorm hamburgerk­oekies van sowat 2 cm dik en pak op ’n bakplaat. Plaas in die yskas terwyl die res van die souse berei word. 4 Braai die koekies in ’n warm gietysterr­iffelpan (of oor kole); moenie heeltyd draai nie. Braai eers 4 min. aan die een kant, draai om en smeer die gebraaide kant met braaisous. Braai nog 4 min., draai om en smeer met braaisous. 5 Draai nog een keer om en plaas die kaas bo-op om te smelt. 6 Sampioenso­us Braai die ui in ’n pan met olyfolie en voeg die sampioene by. Braai tot gaar. 7 Voeg die room, jogurt, sout en peper by en kook om te verdik.

Brandrissi­esous

Plaas die fyngekapte brandrissi­es, suurlemoen­skil en -sap, gemmer en knoffel in ’n klein voedselver­werker, voeg die sout na smaak by en kap fyn. Voeg die olie by en meng deur.

Samestelli­ng

Plaas ’n slaaiblaar en tamatiesky­fie op die onderste deel van die hamburgerr­olletjie. Plaas die hamburgerk­oekie bo-op en skep van die sampioenso­us oor. Rond af met ’n skeppie brandrissi­esous en plaas die boonste deel van die hamburger bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa