Local Lo Is Lekker
Die Huisgenoot-musiekverhoog op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) was vanjaar oudergewoonte aan die brand. Elke aand wanneer die son sy laaste strale oor Oudtshoorn gooi, het kunstenaars daar bymekaargekom en die gehoor gaande gehad.
Hulle het ook kans gekry om agter die verhoog te gesels oor wat in hul lewe aangaan.
Kurt Darren, wat vroeër vanjaar by die Elan Property Group as direkteur van bemarking en verkope aangesluit het, sê hy is opgewonde oor sy werk in die eiendomsbedryf; dit was nog altyd een van sy groot passies. “Dit beteken natuurlik glad nie ek wil ophou sing nie. Ek kan van die huis af werk of wanneer ek op toer is,” vertel hy.
Die sangeres en televisieaanbieder Leah was sonder haar manlief, Hennie van Niekerk, by die fees. Hulle moet deesdae mooi beplan om mekaar te sien aangesien sy die volgende paar maande baie op die pad gaan wees met die verfilming van Boer Soek ’n Vrou.
Sy het saam met haar goeie vriend Willem Botha opgetree. Hulle het al baie saam getoer en is soos familie vir mekaar.
“Ons sal eerder ons stemme weglag as wegsing wanneer ons saam is,” sê Willem.
Adam Tas en sy vrou, Caren, het hul dogtertjie, Klara-belle (5), vir die eerste keer in ’n lang tyd by die huis gelos. Hulle kon ’n bietjie fees hou soos in hul jong dae, vertel hy met ’n stout glimlag. Die goue seun Refentse sê hy sien uit na die uitreuitreiking van sy nuwe album in Septembetember. “Ek is baie besig, maar geniet dit baie om te sing. Dit is ’n voorreg.” DDie sanger Jo Black vertel sy dogttertjies, Dinieke (9) en Miané (6), is oonbewus van hul pa se sukses in didie musiekbedryf. “Hulle het heeltemaltemal uitgefreak toe hulle vir Leah sien. Toe vrvra my vrou, Debbie, of hulle weet daar iis mense wat so oor hul pa voel. Hulle het van niks geweet nie.”