CAMEMBERT-FONDUE MET CROSTINI
Camembert is ’n sagte kaas van matige sterkte en bekend vir sy romerigheid. Deur die kaas in witwyn saam met tiemie en knoffel te bak word dit ’n wenpeuselhappie vir winterkuiers. GENOEG VIR 6-8 MENSE (AS VOORGEREG) Bereiding: 10 min. Bak: 20-25 min. CROSTINI 1 middelslag- Franse brood, in dun snye gesny 60 ml (¼ k) sagte
botter k – koppie(s) e – eetlepel(s) 10 g gemengde vars
kruie, gekap 4 knoffelhuisies,
fyngedruk 5 ml (1 t) seesout
vlokkies FONDUE 2-3 camemberts 1 knoffelbol, dwarsoor
in die helfte gesny ’n hand vol tiemie
takkies 60 ml (¼ k) witwyn Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n bakplaat en ’n oondbak (waarin 3 camemberts sal pas) byderhand.
1 Crostini’s Pak die skyfies brood in ’n enkellaag op die bakplaat. Meng die botter, kruie en knoffel goed t – teelepel(s) en smeer die brood daarmee.
2 Sprinkel die sout oor en oondrooster 5-10 min. of tot goudbruin en bros. Pak die broodjies op ’n opdienbord en hou eenkant.
3 Fondue Pak die camembert, knoffel en tiemie in die oondbak. Giet die wyn oor en bedek met tinfoelie. Plaas die bak in die oond en bak 15 min. Haal die tinfoelie af en bak nog 5-10 min. of tot die kaas gesmelt is.
4 Doop die crostini’s in die kaas en geniet dit.