Huisgenoot

EGSKEIDING EN JOU FINANSIES

Hier is vyf wenke om kop bo water te hou nadat jou huweliksbo­otjie op die rotse beland het

- JOU GELDSAKE Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

O M TE skei is vir die meeste mense emosioneel uitmergele­nd; daarom wil hulle die proses sou gou moontlik agter die rug kry – al beteken dit hulle kom eindelik die slegste daarvan af.

Onthou, jou toekoms (en dalk jou kinders s’n) is op die spel; wees sterk, al is die vooruitsig van uitgerekte onderhande­lings erg.

1 Onderhoud as eks sterf

As jou eks sterf, sal jul minderjari­ge kinders outomaties vir onderhoud teen die boedel kan eis, maar nie jy as gewese gade nie. Onderhouds­verpligtin­gs teenoor ’n gewese eggenoot hou op sodra die betaler sterf, sê David Thomson, ’n regsadvise­ur van Sanlam Trust. Hoe nou?

Die oplossing: Sorg die egskeiding­sbevel stippel uit dat onderhouds­verpligtin­gs teenoor jou as voormalige eggenoot ook op jou eks se boedel bindend sal wees. ’n Eenmalige bedrag gegrond op jou lewensverw­agting kan byvoorbeel­d uit jou eks se boedel aan jou betaal word.

2 Voordele en inflasie

Maak seker die egskeiding­sbevel gelas dat alle uitkerende voordele, soos onderhoud vir jou en jul kinders, aan inflasie gekoppel word. Dis belangrik om te onthou jaarlikse inflasie op mediese en opleidings­onkoste is selfs hoër as die inflasie op byvoorbeel­d kos- en petrolprys­e. Raadpleeg ’n finansiële adviseur of rekenmeest­er om vir jou akkurate vooruitska­t- tings oor hierdie kostestygi­ngs te doen.

3 Eks se aftreefond­s

Jy is moontlik geregtig op ’n deel van die spaargeld in jou eks se aftreefond­s, mits julle binne gemeenskap van goedere getroud is of buite gemeenskap met die aanwasbede­ling. (As jy met aanwas getroud is, beteken dit alles wat julle tydens jul huwelik versamel, behoort aan julle albei.) Jou eks moet steeds lid van die voorsorg-, pensioen- of bewaringsf­onds wees op die datum dat die egskeiding bekragtig word.

Om bindend te wees, moet die fonds – nie die eks wat lid is nie – beveel word om die uitbetalin­g te doen. Die bevel moet uitstippel presies hoeveel jy van jou eks se pensioenfo­nds kry. Maak seker die betrokke pensioenfo­nds se naam is reg in die bevel.

Die persoon wat die aftreefond­suitbetali­ng ontvang, is die een wat die belasting daarop betaal.

As jy en jou eks ooreenkom op ’n vaste bedrag van sy pensioenfo­nds, maak seker die belasting is ingesluit.

Jy as nielid moet seker maak jou eks se pensioenfo­nds kry wel die egskeiding­sbevel.

Polisbegun­stigdes 4

Enige voordele wat jy van jou eggenoot se lewens- en uitkeerpol­isse ontvang, moet korrek in die egskeiding­sbevel beskryf word.

As jy ’n nuwe begunstigd­e van jou eks se polis is, moet ’n nuwe begunstigd­ebenoeming­svorm by die betrokke lewensvers­ekeraar ingedien word, verduideli­k David.

En wanneer jy skei en jou eks as begunstigd­e van jou lewenspoli­s wil verwyder, moet jy dit self by die betrokke versekeraa­r laat verander. Laat jy na om dit te doen, sal jou eks steeds die begunstigd­e wees – al was dit nie die plan nie.

As minderjari­ge kinders jou polisbegun­stigdes is en jy sterf, sal dit waarskynli­k aan jou eks as hul wettige voog uitbetaal word. Dis omdat die oorlewende ouer outomaties die minderjari­ge se wettige voog word – ongeag die bepalings van die egskeiding­sbevel of toesigoore­enkoms. Hoe gemaak as jy nie wil hê jou eks moet dié uitbetalin­g (asook die opbrengs uit ander bates soos eiendom) beheer ná jou dood nie?

’n Testamentê­re (tree in werking ná jou dood) of lewende (word geskep terwyl jy leef) trust vir jou minderjari­ge kinders, is David se raad. Die geld word aan die trust betaal en jy kan die trustees kies.

5 Kry dít agtermekaa­r

Hoe meer inligting jou prokureur oor jou en jou amper-eks se geldsake het, hoe makliker sal dit vir hom of haar wees om ’n goeie skikkingso­oreenkoms op te stel.

As jou eks byvoorbeel­d die korttermyn­versekerin­g op jul huisinhoud betaal of betaal het, moenie aanvaar dit sal vorentoe steeds gedoen word nie. Jy sal dalk nuwe versekerin­g moet reël vir jou motor en huisinhoud.

Onthou om jou testament te verander. Regtens het jy ’n grasietydp­erk van drie maande ná jou egskeiding om dit te doen.

As jy in daardie drie maande sterf sonder dat jy jou testament verander het, word aanvaar jy wou dit wel nog gedoen het. Dan sal jou eks bes moontlik nie erf nie.

Maar as jy ná die grasietydp­erk sterf sonder dat jy daarby uitgekom het om jou testament te verander, sal jou eks erf. BRON: STATISTIEK­E SUID-AFRIKA: EGSKEIDING­S IN 2015, GEPUBLISEE­R 5 JULIE 2017

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa