Huisgenoot

KÊREL MORS MET HAAR EMOSIES

-

Ek bevind my in ’n hartverske­urende situasie. Vandat ek op 19 swanger geraak het, het ek en my kêrel net ’n aan-af-verhouding. In die vier jaar dat ons saam is, het hy my emosioneel verniel.

Ek kan eerlikwaar sê ek wil regtig van alles vergeet en aangaan met my lewe, maar ons deel ’n pragtige seun. My kêrel het my al soveel hoop gegee, maar dan weer net teleurgest­el. Ek het al van myself vergeet en doen nie meer moeite om mooi aan te trek en my te grimeer nie. Dink jy dis tyd dat ek liewer op myself konsentree­r? SKL op KV

Lewensmaat­s los mekaar om verskeie redes. As ’n patroon vorm, kan ’n mens begin oplet na hoe jy verhouding­s hanteer en watter maats jy kies.

’n Moontlike rede is dat ’n mens se emosionele band met ’n lewensmaat mettertyd verswak. Dikwels raak ’n ma so ingestel op ’n baba dat haar maat voel hy word nie waardeer nie. Die twee begin uitmekaarg­roei, want hulle het minder tyd om werklik saam te wees en hul prioriteit­e begin van mekaar verskil.

Wanneer maats min gemeen het, is dit maklik om aparte lewens te begin lei. Die liefdesban­d moet voortduren­d gekoester en gevoed word; dit gaan nie vanself sterker word nie.

Met kinders se koms gebeur dit ook dikwels dat ’n vrou haar lewensmaat meer soos ’n broer begin behandel. Die eens romantiese verhouding word soos ’n gesinsverh­ouding. Alles gaan goed en gemaklik, maar die liggaamlik­e bande raak ál swakker. Dit is die begin van enige verhouding se einde.

Vergewe jouself vir wat jy anders sou wou gedoen het. Dis belangrik dat jy nou selfonders­oek instel en met meer begrip en vrede in jou dalk ’n volgende verhouding aanpak.

Skuif die vrees eenkant toe dat die geskiedeni­s hom sal herhaal deur doelbewus ’n verhouding­smaat te kies wat van jou voriges verskil. Baie sterkte; jy kan hierdie kringloop verbreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa