Huisgenoot

’N SLIMKOP WAT WIL HELP

Die nuwe Mej. SA is ’n boeremeisi­e wat met vier ouers geseën is en haar vanjaar op die behoeftes van minderbevo­orregte vroue wil toespits

- Deur JANA VAN DER MERWE en SHANAAZ PRINCE

DIE bloedjong Afrikaanse vrou met die groot bruin bokkie-oë raak byna kinderlik opgewonde toe sy praat oor haar liefde vir melktert, koeksister­s, tjops en braaibrood­jies. ’n Mens kan byna nie glo dié plat op die aarde oudstudent van die Pukke is pas aangewys as die mooiste vrou in die land nie.

“Ek dink hoe meer ek dit hoor, hoe meer raak dit ’n werklikhei­d! Ek dink nie dit het al heeltemal ingesink nie. Dis nog so onwerklik!” vertel Demi-Leigh NelPeters (21) oor hoe sy die oggend ná haar kroning as Mej. Suid-Afrika met twee lyfwagte buite haar hotelkamer in Sun City wakker geword het.

“Dit voel nog soos ’n toneel uit ’n fliek. Ek bedoel, dit was ’n lewenslang­e droom. Toe dit waar word, was dit onbeskryfl­ik,” deel sy met haar skitterwit glimlag haar gevoel met Huisgenoot.

Ons gesels die oggend ná die glansaand met Demi-Leigh, wat verlede jaar haar B.Com. (Ondernemin­gsbestuur en Entreprene­urskap) aan die Potchefstr­oom- kampus van die Noordwesun­iversiteit voltooi het.

Sy dra die gesogte kroon nog skaars ’n dag en het reeds ’n rits onderhoude agter die blad. Al kan ’n mens sien sy is doodmoeg, gesels sy geesdrifti­g oor haar droom en oor wat in die komende 365 dae vir haar voorlê.

Demi-Leigh vertel sy was sewe jaar oud toe sy in 2002 die eerste keer na die Mej. SA-wedstryd kyk. Cindy Nell, wat daardie jaar die kroon gedra het, is van toe af vir haar ’n rolmodel. Sy glo Cindy het dié platform gebruik om ’n suksesvoll­e sakevrou te word en maak steeds elke dag ’n verskil in ander se lewe.

 ?? Foto’s: LUBABALO LESOLLE ?? Demi-Leigh NelPeters is onlangs in Sun City as Mej. Suid-Afrika 2017 aangewys. Dié sprankelen­de maar onopgesmuk­te jong vrou wil in haar Mej. SuidAfrika-jaar minderbevo­orregte vroue help bemagtig.
Foto’s: LUBABALO LESOLLE Demi-Leigh NelPeters is onlangs in Sun City as Mej. Suid-Afrika 2017 aangewys. Dié sprankelen­de maar onopgesmuk­te jong vrou wil in haar Mej. SuidAfrika-jaar minderbevo­orregte vroue help bemagtig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa