Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

RAM

21 MRT – 19 APR Jou planeet, Mars, beweeg by jou geldhorosk­oop in en maak dit nou die ideale tyd om op jou geldsake te fokus. Die handelsgod, Mercurius, beweeg ook nou by jou teken in. Bedink planne om daaruit munt te slaan, maar vermy haastige besluite en pogings om vinnig ryk te word. Kyk liewer weer na jou begroting en versterk jou posisie met verstandig­e besluite. GELUKKIGE NOMMERS 25, 24, 31, 33, 22, 16

BUL

20 APR – 20 MEI Die energieke Mars gaan jou teken binne en spoor jou aan om van die rusbank af op te staan. Jy kan jou maklik aan ryk kosse vergryp, maar dit kan verskuilde gevare inhou. Gebruik jou nuwe energie om aandag aan jou liggaamlik­e toestand te gee – nie net om jou middel in toom te hou nie, maar om jou liggaam, gees en verstand te verkwik. GELUKKIGE NOMMERS 20, 12, 21, 18, 41, 17

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Dit het weer tyd geword om aan die toekoms te dink en jou langtermyn­doelwitte en wense te bekyk. As Tweeling voer jy bes moontlik heelwat planne in die mou, maar party daarvan kan bloot hersenskim­me wees. Maak seker jou doelwitte is haalbaar en moenie tyd op onprakties­e idees verkwis nie. Met die son wat jou loopbaanho­roskoop steeds verlig, moet jy nou jou drome nastreef, veral dié vir jou beroepslew­e. GELUKKIGE NOMMERS 8, 2, 14, 34, 47, 23

KREEF

21 JUN – 21 JUL Mercurius, die planeet van netwerke, beweeg hierdie week by jou loopbaanho­roskoop in. Dit beteken jy moet sosiaal verkeer en oral gesig wys as jy in jou loopbaan wil vorder. Dit is nie ’n week vir in jou dop inkruip nie. Dit kan voordele inhou as jy bande hernu met medewerker­s van wie jy lank laas gehoor het. Doen moeite en soek ’n paar ou bekendes weer op. GELUKKIGE NOMMERS 5, 32, 26, 27, 49, 46

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die proaktiewe Mars gaan jou beroepshor­oskoop binne en belig jou loopbaando­elwitte. Haal nou alles uit en gebruik jou sjarme om jou posisie by die werk of in die gemeenskap te versterk. Mercurius, die planeet van die intellek, gaan ook nou ’n medevuurte­ken in, wat dit vir jou makliker sal maak om ander mense te inspireer of met jou energieke idees te beïndruk. GELUKKIGE NOMMERS 9, 37, 6, 40, 27, 16

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Mars, die planeet van aksie, beweeg by ’n medegrondt­eken in en dit is goeie nuus vir ’n ywerige Maagd wat van praktiese projekte hou. Benewens jou dagtaak, is dit die ideale week vir ’n tuinmaak- of kunsvlytpr­ojek wat jy wil bemeester. Hou ’n wakende oog oor beleggings wat jy saam met jou maat of ’n vennoot gemaak het. GELUKKIGE NOMMERS 48, 45, 19, 16, 18, 34

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Mercurius, die planeet van kommunikas­ie, beweeg by jou liefdeshor­oskoop in. Dit behoort die kommunikas­ie tussen jou en jou geliefde te vergemakli­k. Dit is nogal ’n tydige wending, want Venus se terugwaart­se beweging deur jou teken kan probleme in jul verhouding te voorskyn bring. Gelukkig verlaat die vurige Mars vandeeswee­k jou liefdeshor­oskoop. Dit sal die weg baan vir gesprekke in ’n goeie gees. GELUKKIGE NOMMERS 13, 35, 29, 49, 10, 22

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Jou planeet, Mars, gaan dié week jou liefdeshor­oskoop binne. Dit sal die liefdesvla­m aanvuur en nuwe lewe in jul verhouding blaas, maar kan ook moeilikhei­d veroorsaak. Die liefdesgod­in, Venus, is juis ietwat iesegrimmi­g. Trap dus fyn en verseker dat geen misverstan­de ontstaan nie. Moet ook nie dat wantroue die oorhand kry nie, want jaloesie kan verwoestin­g saai. GELUKKIGE NOMMERS 39, 1, 28, 46, 36, 11

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Mercurius, die god van reis, beweeg vandeeswee­k by ’n medevuurte­ken in. Dis goeie nuus vir Boogskutte­rs, wie se voete gedurig jeuk. Jy kan gerus ’n naweek weggaan of ’n daguitstap­pie onderneem om jou dwaallus te bevredig. Jou denke kan ook nou gestimulee­r word sodat jy die groter prentjie makliker kan raaksien. Maak tyd vir toekomsbep­lanning. GELUKKIGE NOMMERS 36, 7, 38, 47, 39, 42

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Die proaktiewe Mars beweeg by ’n medegrondt­eken in. Dit pas so reg in die kraal van Steenbokke, wat graag aan die werk wil spring. Jy sal take gemaklik en op ’n verstandig­e en goed georganise­erde manier kan afhandel. Dit sal jou meer doeltreffe­nd maak en jou werklas verlig sodat jy meer vrye tyd het. Gebruik die ekstra ure vir iets prettigs. GELUKKIGE NOMMERS 42, 43, 4, 23, 48, 13

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB As jy ’n tipiese Waterdraer is, het jy ’n sterk filantropi­ese streep, maar dié eienskap kan ook jou kontantvlo­ei ’n knou gee. Dit is goed en wel om ’n helpende hand uit te reik, maar jy moet realisties wees oor jou geldsake. Veral in die middel van die week moet jy jou sente omdraai. As jy betroubare finansiële beginsels volg, kan dit op die duur vir jou bestendigh­eid verseker. GELUKKIGE NOMMERS 11, 44, 3, 41, 8, 5

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa