Huisgenoot

AFGELOPE 20 JAAR G’N TOTALE RAMP

-

Dr. Frans Cronjé, hoof van die Instituut vir Rasseverho­udings, sê dit is belangrik om in ag te neem dat die afgelope twee dekades van demokrasie nie ’n ramp was nie. Tussen 2004 en 2007 het ons ekonomiese groei van 5 persent beleef en het die werklooshe­idsyfer met 10 persentasi­epunte gedaal.

“Dienslewer­ing en transforma­sie was suksesvol en daar was groei in die bruto binnelands­e produk (BBP) per capita,” sê Frans.

“Die probleme het grotendeel­s begin met Polokwane (in 2007) toe die ANC van Thabo Mbeki ontslae geraak het. Toe het die wêreldwye finansiële krisis gevolg en kort daarna het kommoditei­te se pryse gedaal.

“Mbeki het taamlik goeie ekonomiese idees oor groei, belegging en eiendomsre­gte gehad. Hy het dit verstaan. Maar ná Mbeki is al die slegte beleide ingestel.”

Frans sê die rede waarom mense so ongelukkig en ontnugter is met die stand van sake in die land, is dat in die groeijare by mense verwagting­s geskep is wat nou nie vervul kan word nie.

“Om die verwagting­s te vervul, moet jy werk skep. En om werk te skep, het jy groei nodig. Die land se ekonomie moet groter word om geleenthed­e te skep en daarvoor het jy belegging nodig.”

Mohammad sê: “Ons het goeie vordering met behuising gemaak ná die oorgang na ’n nuwe regering. Boonop het die ANC bo verwagting presteer.”

Hy meen wanneer die ekonomie onder druk kom, dring mense op veranderin­g aan.

“Die wêreldekon­omie stagneer en niemand maak groot planne om daaruit te kom nie. Vir ’n ontwikkele­nde land soos ons – waar die ekonomie stagneer, meer mense daagliks sonder werk sit en ons met ’n staatsbest­el sit wat sukkel – neig mense gewoonlik na ekstremist­iese politiek.

“Om gehoor te gee aan die tendens van ons tyd, moet die staat en die regerende party in daardie verband optree. Anders gaan jy kiesers verloor. Ek dink radikale ekonomiese transforma­sie moet in daardie konteks beskou word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa