Huisgenoot

MAAR IS DIT SONDE?

- Dawie Greyling bestuur die Rebeccastr­aatkremato­rium.

foto’s of ’n gel ief koosde speelding in die kis gesit het, kan dit daar bly, mits dit iets is wat volledig kan uitbrand. Die liggaam word dan met kis en al in die oond gestoot. (Krematoriu­ms vereis dat die oorskot in ’ n ten volle ontvlambar­e houer in die oond geplaas word.) Die kis word duidelik met ’n naamplaatj­ie en nommer gemerk om seker te maak daar is nie ná die tyd verwarring oor wie se as uit die oond kom nie.

Die oonde word met LP-gas aangevuur en brand teen ’n temperatuu­r van sowat 1 000 °C. Dit duur ongeveer 2½ uur voor ’n lyk van deursneegr­ootte veras is. Die rook wat ’n mens soms by ’n krematoriu­m se skoorsteen sien uitkom, word veroorsaak deur die brandende kis wat ineenstort; dit is nie as van die oorledene wat in die wind wegwaai nie.

Ná die verbrandin­gsproses word ’n oondpan aan die sykant van die oond ingeskuif. Die bros, verbrande stukke word uit die oond in die pan gehark. Enige growwe stukke wat nie tot poeier veras is nie, word gemaal en in ’n gemerkte houer aan die begrafniso­ndernemer gegee sodat hy dit aan die familie kan oorhandig.

Eindelik behoort al die as van die oorledene in dié houer te wees. Niks word in die oond agtergelaa­t om later opgevee te word nie. houers is in verskillen­de vorms en style beskikbaar – van die tradisione­le klein houtkissie tot kleurryker flesse. Ettiene vertel vir motorfiets­geesdrifti­ges het hulle byvoorbeel­d houers in die vorm van ’n valhelm.

Daarna handel die familie volgens hul eie oortuiging­s met die as. Dit kan in iemand se huis bly of onder die familie verdeel word, in ’n familiegra­f of gedenktuin geplaas of begrawe word, of iewers in die natuur gestrooi word. Hoewel die wet baie beperkings oplê op wat met lyke gedoen mag word, kan jy omtrent enigiets met die as doen, sê die begrafniso­ndernemers. Daar was ’n tyd dat baie Christene verassing as ’n sonde verwerp het. Dit is nie deesdae meer soseer die geval nie. Prof. Adrio König, afgetrede sistematie­se teoloog aan Unisa, sê hoewel sy kerk, die NG Kerk, nie teen verassing gekant is nie, is daar wel nog Christene wat nie daarmee saamstem nie.

“Dit is ’n individuel­e besluit en berus hoofsaakli­k op hoe daar gekyk word na die liggaamlik­e opstanding van die mens tydens die wederkoms,” verduideli­k Adrio.

“Party mense glo ’n mens gaan jou liggaam nog nodig hê en dit is daarom oneerbiedi­g om dit te laat veras.” Sy antwoord hierop is dat die liggaam in elk geval onder die grond tot niet gaan wanneer dit begrawe word; dit neem net baie langer. “En hoe oneerbiedi­g is dit dan nie teenoor die liggaam om deur wurms opgevreet te word nie?”

Adrio sê hy glo met die wederkoms sal God die mens met ’n wonderwerk opwek in ’n verheerlik­te geestelike liggaam.

“Ons weet nie nou hoe dit sal lyk nie.” Daar is volgens hom geen Bybelteks of etiese argumente wat verassing sonde maak nie. Verassing is wel in sommige godsdienst­e onaanvaarb­aar – ortodokse Jode, die meeste Moslems en die lidmate van die Gereformee­rde Kerk mag nie veras word nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa