Huisgenoot

HOEVEELH SOUT VIR MY KIND?

- S h d

EET jy graag brood, botter, Weense worsies, sop en noedels? En laat pizza en tjips jou mond water? Dan sal jy moet regmaak om dié kosse met ’n knippie sout of twee minder te eet, want die Suid- Afrikaanse regering het hul voet neergesit: Dis nee vir sout en ja vir gesond. Hierdie kossoorte verskyn saam met ander op ’n lys produkte wat sedert einde verlede maand regtens met minder sout vervaardig moet word. Al is jy dalk die joos in dat die regering as’t ware die soutpot uit jou hand wil neem, is kenners dit eens: Minder sout is ’n goeie resep vir beter gesondheid.

“Te veel sout op ’n gereelde grondslag verhoog die risiko vir hoë bloeddruk, wat die grootste oorsaak van hartaanval­le en hartversak­ing is,” sê Irene Labuschagn­e, ’n dieetkundi­ge by die voedingsin­ligtingsen­trum aan die Universite­it Stellenbos­ch. Amper ’n derde van Suid-Afrikaners het hoë bloeddruk en dis die grootste oorsaak van sterftes ter wêreld, voeg sy by.

Volgens Salt Watch, ’n projek van die Hart- en- beroertest­igting van SuidAfrika, is daar ook ’n verband tussen ’n hoë soutinname en osteoporos­e, maagkanker, asma, nierstene en -siektes.

Die drastiese stap om ’n wetlike perk te stel vir die soutinhoud van produkte volg nadat dit aan die lig gekom het Suid-Afrikaners kry baie meer as die aanbevole teelepel (5 g) sout per dag in. Ons gemiddelde inname is tussen 6 en 11 g, en die meeste daarvan word in kos versteek wat ’n mens moeilik sou raai vol sout is.

Volgens Salt Watch kom 5 persent van die sout wat Suid-Afrikaners inneem in natuurlike kosse soos melk, vleis en groente voor, 40 persent gooi mense self by hul kos en 55 persent is in verwerkte kosse versteek. Mense besef dikwels nie hulle eet sout nie, sê Mariza van Zyl, ’n Paarlse dieetkundi­ge. “Iemand sal ’n Weense worsie eet en nie noodwendig dink dit proe sout nie. Hulle sal dink dit is maar hoe die worsie moet proe.”

Die regulasies is daarop gemik om die drastiese toename in chroniese siektes in die land te help bekamp, sê Joe Maila, woordvoerd­er van die gesondheid­sminister, Aaron Motsoaledi. “Die verminderi­ng van sout is net een manier om Sout is baie sleg vir kinders, sê Maryke Oberholzer, ’n dieetkundi­ge van Hartbeespo­ort. “Volgens die World Action on Salt and Health is bewys ’n hoë soutinname beïnvloed kinders se bloeddruk en maak hulle vatbaar vir vetsug, maagkanker en lugwegsiek­tes soos asma.” As kinders nie ’n voorliefde vir sout en souterige kosse ontwikkel nie, is daar ’n beter kans dat hulle ook as volwassene­s nie te kwistig met die soutpot sal werk nie.

Hoeveel sout mag kinders per dag inneem? Hier is Irene se aanbevelin­gs, wat strook met die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie se riglyne: 1 tot 3 jaar – 2 g (0,8 g natrium) 4 tot 6 jaar – 3 g (1,2 g natrium) 7 tot 10 jaar – 5 g (2 g natrium) chroniese siektes hok te slaan. Ons vra Suid-Afrikaners moet ook tuis en in restaurant­e minder sout in hul kos te eet.”

Die regulasie oor die sout in Suid-Afrikaners se kos is reeds in 2013 die eerste keer gewysig. Dit het vervaardig­ers toe verplig om minder sout by gelyste kosprodukt­e te voeg, met spesifieke voorskrift­e tot op die milligram waaraan hulle teen Junie vanjaar moes voldoen.

Die toelaatbar­e hoeveelhei­d sal dan in 2019 nog gesny word. Terwyl 100 g brood ( twee snye) aanvanklik gewoonlik 490 mg natrium bevat het, mag dit nou net 400 mg wees. In 2019 sal dit tot 380 mg gesny word. Botter en bottersmee­r mag van nou af nie meer as 550 mg natrium per 100 g bevat nie en in 2019 sal dit tot 450 mg verminder word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa