Huisgenoot

DAGBOEK VAN ’N WIMPY KID – DIE NARE WAARHEID

-

Deur Jeff Kinney (Puffin, R107*) In wat in die annale opgeteken kan word as ’n Boekeredak­teur Se Baie Blonde Oomblik moet ek bieg dat ek aanvaar het The Wimpy Kid verkies die Wimpy bo die Spur. Dis eers nou die dag toe ek met die jongste een, Dagboek van ’n Wimpy Kid – Die Nare Waarheid, in die hand sit dat die insig by my daag . . .

Toe die eerste boek in die reeks in 2007 verskyn, was dit dadelik ’n blitsverko­per en die reeks is sedertdien in 50 tale vertaal. Die eerste Afrikaanse vertaling, Dagboek van ’n Wimp, het in 2012 verskyn en daarna volg In die Hondehok, Die Laaste Strooi en Roderick Regeer.

Die skrywer van dié reeks is Jeff Kinney, ’n Amerikaans­e aanlyn speletjies­ontwikkela­ar en spotprentt­ekenaar. Tinus Horn, wat Die Nare Waarheid vertaal het, is self ’n skrywer en kunstenaar. Hy sê: “Ek het ’n slag om ’n skrywer se stem op te tel en dan na Afrikaans om te skakel.” haar mammie loer vir haar deur ’n gaatjie in die hemel en haar pappie het uitgespoel op ’n eiland waar hy die mensvreter­koning geword het.

Eendag sal hy haar kom haal en dan gaan sy die mensvreter­prinses word.

In die hele wêreld is daar nie een konstabel wat so sterk soos sy is nie.

Haar hare is die kleur van wortels en sy dra twee stywe vlegsels wat bo haar ore uitstaan.

Pippie is 70 jaar oud en om dit te vier verskyn ’n omnibus met drie van haar klassieke stories. Dit het nie verouder nie, onder meer omdat die humor nog net so snaaks is dat vandag se kinders hulle ook sal verkneukel in die dapper meisietjie se dinge. ouderdom wanneer hulle dikwels perdebetot­teld raak.

Anri, Megan en Karen is in gr. 7 en lede van Stalmaats, ’n groep ruiters wat Saterdae by die Dagbreek-ryskool lesse gee vir beginners. Dit behoort aan die ouers van Jacques, die ou wat Anri se hart laat tjoklits klop. Megan wil ’n piekniek reël sodat hulle saam met Jacques en sy maats kan kuier. Ongelukkig slegte nuus oor Storm, Jacques se gunsteling­vulletjie, wat skielik begin mank loop.

Vir ouer tieners is daar lieflike storieboek­e oor perde en ruiters deur Marga Jonker. Gaan lees gerus by margajonke­r. com oor dié reeks wat deur Tafelberg uitgegee word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa