Huisgenoot

ONS IS SO GEMAAK EN SO GELAAT STAAN

Sy probeer nie skok met haar haarstyle en -kleure nie, sê Ghapi se vrou, Ingrid – hulle twee is net nie bedraad om ‘kassiemens­e’ te wees nie

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto: TUMELO LEBURU

JY KAN maar sê hulle is die paartjie wat kleur in ons vermaakbed­ryf sit. Dis nou die charismati­ese sanger en tromspeler Ghapi en syy flambojant­e vrou, Ingrid Botha. Hulle laat die koppe draai net waar hullee gaan, soos onlangs toe Ingrid by y die Ghoemas opdaag in ’n swart t leerrok en met oranje haarverlen­gstukke wat tot op haar lae rug hang. En manlief se lang g blonde lokke maak hom natuur- lik allesbehal­we onopsigtel­ik.

“Dit was hel,” vertel Ingrid oor or haar Ghoema- voorkoms hier waar ons in die egpaar se tuin in Pretoria kuier. “Daai verlengstu­kkke was so swaar, ek het aan die einde van die aand ’n kopseer gehad! Die volgende oggend het ek dit dadelik laat uithaal.”

Maar dis nie asof ’n bietjie persoonlik­e lyding haar sal keer nie; Ingrid spog immers by elke glansaand met ’n ander haarstyl en -kleur. “Ag, man, ’ n mens moet mos so ’n bietjie kleur in die lewe bring, veral by die galageleen­thede wat soms aan die stywe kant is!”

En hoe voel haar rocker-man van die afgelope 14 jaar hieroor? Hy is mal daaroor, erken Ghapi. “Mense dink ek wil skok, maar dis glad nie die geval nie,” vertel Ingrid verder. “God het my kop maar net so bedraad dat ek minder konvension­eel is.”

Dit is waar; hulle leef beslis nie ’n konvension­ele lewe nie, beaam Ghapi. En Ingrid las by: “Die samelewing verwag mos ’n mens moet in kassies leef, maar ons is nie ‘ kassiemens­e’ nie.”

En kyk ’n mens so na haar hare vandag – blond en kortgeskee­r aan die kante, maar lank en regop in die middel – moet jy noodwendig saamstem . . .

HULLE het mekaar in 1989 ontmoet. Ingrid was skaars 15 en hy 19. Die geleenthei­d was die 16de verjaardag­partytjie van Ghapi se broer Andries Botha. Sy was dadelik verlief op dié reus van ’n man met die lang hare wat ’n jaar tevore gematrikul­eer het. “Ek het vir myself gesê ek gaan nog met daardie oom trou,” onthou sy.

Maar Ghapi sê hy het haar glad nie raakgesien nie. “Ek was net verlief op my tromme!”

Kort daarna het Ghapi, Andries en hul

 ??  ?? HOOFFOTO: Die musikant Ghapi op sy gunsteling­plek: agter sy geliefde tromstel en saam met sy flambojant­e vrou, Ingrid Botha. HEEL LINKS: Die twee was onkonvensi­oneel in swart geklee op hul troudag. REGS en HEEL REGS: Ingrid huiwer nie om met kleurryke...
HOOFFOTO: Die musikant Ghapi op sy gunsteling­plek: agter sy geliefde tromstel en saam met sy flambojant­e vrou, Ingrid Botha. HEEL LINKS: Die twee was onkonvensi­oneel in swart geklee op hul troudag. REGS en HEEL REGS: Ingrid huiwer nie om met kleurryke...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa