Huisgenoot

NUWE DVD’S

- R125*. Leonardo DiCaprio) 2015. 95 minute. 12Gr. Gruwelkome­die. R489*. 2015. 100 min. 13T. Ware lewensdram­a-

THE REVENANT

2015. 150 min. 13TG. Avontuur. In die 1820’s val ’n beer die jagter Hugh Glass ( tydens ’n ekspedisie in die onherbergs­ame Amerikaans­e Weste aan. Die res van sy geselskap, onder wie John Fitzgerald (Tom Hardy), neem sy geweer af en laat hom vir dood agter, maar hy oorleef en kruip kilometers ver terug huis toe om wraak te neem.

Hierdie fliek is deels gegrond op Michael Punke se gelyknamig­e roman van 2002 oor die ware ervarings van Glass in 1823 in die huidige Montana en Suid-Dakota.

Dit is al as ’n kampvuurst­orie beskryf, maar die bekroonde Mexikaanse regisseur Alejandro G. Iñárritu (Biutiful, Birdman) verhef dit tot ’n meesterstu­k. Dié rolprent, wat drie Oscars gewen het, is wondermooi in natuurlike lig verfilm, en die visuele effekte, grimering, oppervlakm­odellering en klankbaan is puik.

Die fiktiewe toevoeging­s (soos dat Glass in ’n perd se karkas oornag) tot die oorspronkl­ike gebeure dra tot die fliekervar­ing by, maar kykers kan dalk voel die storie raak te dik vir ’n daalder en uitmergele­nd.

DiCaprio ontroer in dié fisiek uitdagende rol wat hom eindelik daardie ontwykende Oscar as beste akteur besorg het. Was dit nie dat ’n mens die indrukwekk­ende Hardy – hy is vir ’n Oscar as beste manlike byspeler benoem – soms moeilik volg nie, sou die rolprent vyf sterre gekry het. – MARIANA LOOTS * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by takealot.com.

2015. 102 min. 13VG. Ware lewensdram­a. Dié kragtige prent herinner ’n mens hoe ver vroueregte binne skaars ’n eeu gevorder het. Pleks van om die hele geskiedeni­s van die stemregbew­eging in Brittanje te probeer inprop, fokus die vervaardig­ers op die inspireren­de verhaal van Maud (Carey Mulligan). Dié jong ma is verteenwoo­rdigend van die werkerskla­s en word in die 1920’s in Londen vir die beweging gewerf. Sy besef geleidelik net omdat diskrimina­sie teen vroue die norm is, beteken dit nie dis reg nie. ’n Skitterend­e rolverdeli­ng met onder andere Helena Bonham Carter, die onberispel­ike herskeppin­g van die era en ’n waardige en steeds relevante onderwerp sorg vir ’n uitmuntend­e rolprent. – SANDRA VISSER

KRAMPUS

Hierdie tyd van die jaar kan Kersfeesfl­ieks so muf voel soos die vergete stuk vrugtekoek in die koelkas. Maar die regisseur, Michael Dougherty, maak met Krismis soos hy in Trick ’r Treat (2007) met Halloween gemaak het: Hy lê die bloedkwas in. Max (Emjay Anthony), ’n seun wie se familie hul neus vir hierdie feestyd optrek, roep per ongeluk die bose Kers-oerdemoon, Krampus, op. Dan bars die hel los tussen silwer klokkies, helderkleu­rige geskenke en sneeumanne. Toni Collette as die ma hou die leisels stewig vas in hierdie wilde sleerit deur Kersfees. Moenie jou kinders alleen laat kyk nie. Die perk is om ’n goeie rede daar. – PIETER VAN ZYL

THE LADY IN THE VAN

komedie. Maggie Smith hervat ’n rol wat sy byna 20 jaar gelede op die planke vertolk het. Sy skitter as Mary Shepherd, ’n hawelose vrou wat 15 jaar lank in haar paneelwa in die oprit van die dramaturg Alan Bennett se huis gewoon het. Alex Jennings speel Bennett, wat hom geleidelik oor Mary ontferm. Aanvanklik is sy ’n raaisel: Waarom woon sy daar? Dié prent, gegrond op ware gebeure, is skreeusnaa­ks, maar het ook ernstige ondertone. Die uitspattig­e klimaks kelder egter die geheel en voel heeltemal onvanpas. – PETRUS MALHERBE Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g sonder vooraf kennisgewi­ng.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa