Huisgenoot

NUWE LESSE MET KINDERS

-

TEEN hierdie tyd weet ons darem al hoe lief julle jul Huisgenoot het. Die talle briewe van waardering wat hier aankom, die mense wat na Huisgenoot-geleenthed­e stroom en die derduisend­e wat elke week ’n paar rand uithaal om die tydskrif te koop, bevestig dit als vir ons.

En tog verras julle ons steeds. Huisgenoot het onlangs ’n spesiale glanstydsk­rif oor ons 100 jaar lange verlede gepublisee­r, vol van die groot nuusen mensestori­es van die afgelope eeu, ou modes, toeka se resepte, Skouspel en al die ander dinge wat ons lesers oor die dekades aan die gesels gehou het. Ons was onseker hoeveel julle sou koop, maar het nogtans ’n stewige klompie gedruk.

En wil jy nou meer! Dit was nie lank op die rakke nie, toe stroom die hulpkrete in: Dis byna oral uitverkoop! Help ons om nog eksemplare te kry.

Ons hart gaan uiteraard uit na almal wat so graag saam met ons op ’n onthoureis wou gaan. Vir hulle is daar vandag goeie nuus: Die Huisgenoot 100 Spesiale Gedenkboek is ook digitaal beskikbaar. Gaan na mysubs.co.za en jy kan die volledige tydskrif vir net R55 aflaai.

Vir ons digitale lesers is daar nog lekker nuus. As jy nou op mysubs.co. za teen net R80 per maand op Huisgenoot inteken, kry jy as intekenges­kenk twee ander digitale tydskrifte gratis. Vandeesmaa­nd kry jy Huisgenoot: Die 100 Beste Resepte: Potjies en Huisgenoot: Mandela, Man van Versoening. Verlede jaar het ek as onnie twee ewe belangrike lewensless­e geleer. ’n Kollega het my vertel hoe sy opgehou het om haar kinders te vra hoe hul dag was, want hulle het bloot met ’n kortstondi­ge “oukei” geantwoord. Sy het eerder gevra: “Wat was die beste ervaring wat jy vandag gehad het?” En dit het gelei tot veel meer.

Die tweede les was ook van ’n kollega. Hy het gevra of my gesig ophelder elke keer dat my kinders die vertrek binnestap. Dit het vir my baie waarde ingehou, want nes baie ouers, het ek kinders op en af gekyk en begin fout soek, pleks dat ek hulle met ’n glimlag begroet het. MNR., W

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa