Huisgenoot

BEGIN VAN NOG ’N AVONTUUR

Die beroepsavo­nturier Riaan Manser en sy Vasti is ná 17 jaar getroud – al was sy amper sonder ’n rok

- Deur SASKIA HILL Foto’s: MEGAN MILLER

MENS moet senuwees van staal hê om manalleen met ’n fiets kuslangs om Afrika te ry. Maar selfs al is jy die eerste mens wat dit reggekry het, knaag die senuwees steeds wanneer jy in jou troupak voor die kansel staan.

Die beroepsavo­nturier Riaan Manser trippel hierdie kant en daardie kant toe terwyl hy in sy houtskoolg­rys Brooksfiel­d-pak vir sy bruid wag.

Die vorige dag het hy verklap dis meer die gedagte aan ’n pak klere wat hom senuagtig maak as om op 42 vir die eerste keer die strop om die nek te kry.

Hy en sy ewe avontuurlu­stige bruid, Vasti Geldenhuys (38), ken mekaar al immers ’n volle 17 jaar. Maar toe troukoors hulle eers beetpak, het hulle binne net drie weke hul droomtroue gereël.

Riaan groet ’n paar mense in die kerkbanke wat van ver gereis het om op hul groot dag hier te wees. “Is sy al hier?” vra hy toe die bruid ’n paar minute laat is vir hul seremonie in die NG kerk Drieankerb­aai in Seepunt, Kaapstad. Dan kom Vasti in die paadjie afgestap aan haar pa, Boy Geldenhuys – op sy dag predikant, later politikus en toe ambassadeu­r – se arm terwyl die orrelis, Danie Theron, die troumars speel. Haar elegante sjiffonrok vou sag om haar skraal lyf en blomdetail op een skouer rond die prentjie af.

“My bene was lam toe ek Vasti sien,” sou Riaan later vertel.

Toe haar pa haar voor die kansel aan Riaan afgee, wil-wil die twee mekaar soen, maar bedink hulle toe die gaste uitbars van die lag. Van die bekendes onder hulle is die oud-Springbok Marius Hurter en die twee Survivor-deelnemers Moyra Makina en Gena Alkana.

“Ek hoop julle vind vandag ’n veilige ruimte in mekaar,” sê ds. Martin Steyn, die plaaslike NG predikant en ’n jare lange vriend van Vasti wat vandag die seremonie behartig.

Eindelik doen Martin die aankondigi­ng waarop die bruidspaar al so lank wag: “Hiermee verklaar ek dat Vasti en Riaan wettig getroud is. Riaan, jy mag maar jou bruid soen.”

Die bruidegom laat nie op hom wag nie en omhels en soen Vasti passievol.

TOE hy die blondine 17 jaar gelede in ’n Kaapse kroeg ontmoet, het Riaan al vir haar gesê sy is sy trouvrou. Sedertdien is hulle saam deur diep waters, letterlik. Hulle het in 2014 saam die Atlantiese Oseaan aangedurf en van Marokko tot New York in ’n oopsee-roeiboot geroei. Daarna kon Vasti spog dat sy die eerste Afrika-vrou is wat oor ’n oseaan geroei het (Net ons en die wye see, 5 Junie 2014).

Riaan het self vir eerstes en rekords gesorg. Vier jaar nadat hy sy tog om Afrika op ’n fiets einde 2005 voltooi het, was hy die eerste mens wat in ’n kajak om die eiland Madagaskar geroei het.

Toe Riaan verlede jaar besluit om Vasti die jawoord te vra, het hy kopgekrap oor waar en wanneer om dit te doen. Twee maande lank het hy haar verloofrin­g oral saamgedra. Eindelik het hy besluit om Vasti in Madagaskar, haar gunsteling­bestemming, te vra.

Hulle het verlede Augustus daar verloof geraak, maar eers drie weke voor hul troue op 14 Mei die troudatum bepaal.

Karen Jurgens, wat bemarking en skakelwerk by Riaan se avontuurma­atskappy op Somerset-Wes doen, het ingespring en die troue gereël met die hulp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa