Huisgenoot

MENSE RAAK VERVEELD

-

SO LANK as daar al ’n Huisgenoot is, so lank voer ons lesers oorlog teen die skaal. Daar was die Noakes-dieet, die druiwediee­t, die Maandag-dieet en wat nog. Maar tussen al die diëte is daar een wat soos ’n selderysti­ngel uittroon: die Amerikaner dr. Morton B. Glenn se tunadieet wat ons die eerste keer in 1986 geplaas het.

Dié dieet (wat beloof dat jy 2 tot 7 kg binne die eerste twee weke kan verloor) werk, het lesers laat hoor en op hul aandrang het ons die eetplan sedertdien al drie keer gepublisee­r. In 2012 het ’n dieetkundi­ge spesiaal vir Huisgenoot dié eetplan vir die nuwe millennium aangepas.

Maar hoe voel kenners oor Huisgenoot se gewildste dieet? Kan hulle dit nog aanbeveel of weet ons deesdae van beter? Annaret Brand, ’n dieetkundi­ge van Kaapstad, sê: Dit lyk vir my na nog ’n dieet wat die kilojoules beperk wat jy inkry. En jou koskeuses is baie beperk. Mense raak gou moeg vir dieselfde kos oor en oor, veral vir tuna omdat dit in so baie diëte voorgeskry­f word. Hulle sê dikwels as hulle nog een blikkie tuna moet eet, gaan hulle iets oorkom. Vir my is dit onnodig om mense so streng te beperk; hulle raak vinnig verveeld. ’n Meer volhoubare dieet sluit ’n groot verskeiden­heid kosse in. Die naam “tunadieet” laat dit verkeerdel­ik klink asof dit die tuna is wat die ekstra kilogramme laat wegsmelt. Daar is nie ’n enkele voedselsoo­rt wat gewigsverl­ies kan meebring nie. Hoewel ek nie glo in diëte wat ’n mens laat honger ly nie, beskou ek hierdie dieet nie as een van hulle nie. Mense eet heeltemal te veel deesdae – vyf tot ses maaltye per dag – en is dus selde honger. Om minder gereeld te eet is glad nie ’n slegte idee nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa