Graaff-Reinet Advertiser

Sibling Stoep Tasting vind groot byval

- JHVWLJ LQ

Chriszanne Janse van Vuuren

Die Karoo Wine Club en Nieu-Bethesdato­erisme het vanaf 17 tot 18 Mei hierdie jaar vir die heel eerste keer The Sibling Stoep Tasting Wine Weekend aangebied.

The Sibling Stoep Tasting is ontwerp om nuwe wynmakers by die Stoep Tasting te verwelkom terwyl The Original Stoep Tasting vir die meer gevestigde wynmakers gereservee­r is.

The Sibling Stoep Tasting was werklik ‘n besondere geleenthei­d vir wynliefheb­bers en vir die meer as 50 nuwe wynproduse­nte wie se wyne op stoepe in Graaff-Reinet en NieuBethes­da te proe en te koop aangebied is.

Chantelle Boucher, bemarkings­bestuurder van die Paarl se Paardeberg wynkelder, sê dat hulle baie geëerd is om deel van The Sibling Stoep Tasting te kon wees.

“Dit was die eerste keer wat ons ons premium reekse kon deel met diegene wat regtig ‘n goeie belangstel­ling toon in wyn.

Ons sien uit om terugvoeri­ng te kry oor wat hulle gedink het van ons wyne,” sê sy.

Shazell van den Berg, wynmaker van Stellenbos­ch se Nilberg wyne, vertel dat hulle nog baie nuut in die industrie is. “Ons is in 2014 gestig en het ons wynlisensi­e so twee jaar gelede eers gekry,” sê sy. “Dit was ons heel eerste fees en dit was werklik ‘n groot eer.”

Die spannetjie van Stellenbos­ch se Beyerskloo­f-kelders het The Sibling Stoep Tasting werklik baie geniet.

“Graaff-Reinet is so ‘n mooi dorpie en om dit te voet te kon ervaar was werklik baie besonders. Dit was wonderlik om deur die strate te kon stap en dit boonop met ‘n wyntjie in die hand. Dit was net lekker en ons sal definitief volgende jaar terug wees.”

The Original Stoep Tasting Wine Weekend vir al die ou wynmakers sal komende naweek, 25 tot 27 Mei, aangebied word. “Sien julle daar!”

 ?? ?? %ODDXZNOLSS­HQ LV HHQ YDQ GLH RXGVWH Z\QSODVH LQ 6WHOOHQERV­FK YLU GLH HHUVWH NHHU E\ GLH 6WRHS 7DVWLQJ :LQH :HHNHQG
KXOOH ZDV KLHUGLH KDDU
%ODDXZNOLSS­HQ LV HHQ YDQ GLH RXGVWH Z\QSODVH LQ 6WHOOHQERV­FK YLU GLH HHUVWH NHHU E\ GLH 6WRHS 7DVWLQJ :LQH :HHNHQG KXOOH ZDV KLHUGLH KDDU

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa