Volkskool algehele wenners van gala
Die Karoo-gala wat op 21 Februarie plaasgevind het, word deur toeskouers as ongelooflike suksesvol beskryf.
Laer- en Hoër Volkskool se swemmers het hul merkwaardige talent en vasberadenheid ten toon gestel en prestasies gelewer wat almal beïndruk het.
Van begin tot einde was die standaard van swemmers uitstekend, wat die toewyding en harde werk van elke deelnemer weerspieël het.
Die uitslae is as volg: Rekords:
JJ van Schalkwyk verbeter die o. 10 4 x 25 m individuele wisselslagrekord wat in 2011 reeds deur L Laubscher van Laer Volkskool opgestel is. Hy verbeter ook die o. 10-rugslag rekord.
Zenick van Schalkwyk verbeter die o. 14-laerskole se 4 x 25 m individuele wisselslagrekord, asook die 50 m-rugslagrekord. Albei die rekords is in 2015 opgestel deur Katherine Murray van Union High School.
Kate-Lynn Kruger verbeter die o. 16
4 x 25m individuele wisselslagrekord, asook die o. 16 50-m rugslagrekord. Albei hierdie rekords is in 2013 opgestel deur M Gowar van Hoërskool Cradock.
Junior victor ludorum: JJ van Schalkwyk (Laer Volkskool)
Junior victrix ludorum: Zenicke van Schalkwyk (Laer Volkskool)
Senior victor ludorum: Ben Lemcke (Union High School)
Senior victrix ludorum: Kate-Lynn Kruger (Hoër Volkskool)
Die skole se kompetisie was ook baie hard en het hulle soos volg gevaar:
Hoërskole:
Seuns eerste plek - Hoër Volkskool - 192 punte
Dogters eerste plek Union High School - 184 punte
Dogters tweede plek - Hoër Volkskool - 174 punte
Seuns tweede plek Union High School - 140 punte
Seuns derde plek - Hoër Landbouskool Marlow - 87 punte
Dogters derde plek - Gill College - 55 punte
Laerskole:
Eerste plek - Laer Volkskool - 408 punte Tweede plek - Union Preparatory School - 346 punte
Derde plek - Gill Primary - 246 punte Zenicke en JJ van Schalkwyk van Laer Volkskool is ná die Karoo-gala as victrix en victor ludorum, aangewys.
Hoër Volkskool wen dus die algehele gala met 366 punte en Laer Volkskool met 408 punte.