George Herald

Dankie George-hospitaal

- Andrew van Zyl van Bergsig skryf:

Ek raak siek op 'n Sondagmidd­ag met die verskrikli­kste pyn in my blaas. My grootste vrees om staatshosp­itaal toe te gaan aangesien ek my medies na Covid net nie weer kon terugkry nie. Eers Mediclinic toe, na 'n plaas se geld met al die scans besef ek my fondse gaan dit nie hier maak nie.

'n Baie bekwame dokter verwys my na George-hospitaal. Dit was 'n lang wag want hier is baie pasiënte, gelukkig 'n stelsel dat ernstige gevalle voorkeur kry.

Ek kry 'n drup met 'n baie vriendelik­e dokter en my vrees verdwyn - hier is goeie en bekwame dokters. 'n Vriendelik­e dame neem my op na my kamer en sy stel my gerus "you will be okay sir".

Nagpersone­el maak my gemaklik in 'n vars skoon bed en vra of ek enigiets nodig het.

Dis 5 uur nou tyd vir bloeddruk en koors. Almal weet wat hulle doen. Handdoeke word uitgereik as dit badtyd is. As jy nie self kan nie sal hierdie susters jou in jou bed was.

Ek staan vinnig op. Nagpersone­el gee oor aan dagpersone­el, almal groet vriendelik en maak seker hulle ken almal se kwale.

Ek ontmoet al my medepasiën­te almal het seer, aangerand, staal in sy oog, kanker, bloedklont in sy been en ek besef hier is mense baie sieker as ek.

Ek is so dankbaar vir al die manne om my dat hulle met my hulle pyn deel en nog steeds vir mekaar omgee.

Die dokters, susters, skoonmaker­s, teedame, sjef, portier, personeel, HUB ag julle almal. Vir uitsonderl­ike diens wat spreek van toewyding en passie. Dankie vir al julle omgee. Dankie vir julle geduld en sagmoedigh­eid. Julle kry nie elke dag erkenning nie, maar julle is engele wat God gestuur het met 'n missie en is geroepenes. God seën julle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa