George Herald

Jones skuldig op vier aanklagte van bedrog

- Michelle Pienaar

'n Bedrogsaak wat oor agt jaar gestrek het, is Dinsdagmid­dag, 31 Januarie, in die George-landdrosho­f gefinalise­er. Oud-portefeulj­eraadslid van behuising, Henry Jones (63), of Oom Hennie, soos hy alombekend staan, is skuldig bevind op vier aanklagte van bedrog. Al die sake hou verband met die onwettige verkoop van Hop-huise gedurende die termyn waartydens hy op die raad gedien het.

Die vonnisople­gging vind op Donderdag 16 Maart plaas.

Jones se regsvertee­nwoordigin­g van Legal Aid het 'n geleenthei­d versoek om verslae, wat onder meer sy gesondheid­stoestand sal bevestig, voor die vonnisople­gging voor die hof te bring.

Die saak is aangehoor deur landdros Praglathan Govender en die staatsaank­laer is adv. Xolile Jonas.

Jones se gesondheid was deurentyd 'n faktor wat veroorsaak het dat die saak telkens uitgestel moes word. Hy is 'n diabeet met hartkwale en het ook kolonkanke­r onder lede.

Op die hofbanke

Terwyl ons Maandagogg­end vir sy saak wag, vertel Jones van sy aansoek om behuising by Rosemoor-tehuis vir bejaardes. "Ek voel glad nie goed nie. My bene is verswak, my pasaangeër se battery moet vervang word en ek het 10% nierfunksi­e," het hy gesê.

"Ek het ook groot drome gehad toe ek jonk was. Ek wou graag 'n prokureur word, maar die geleenthei­d was nie daar nie. Ek het my ma verloor toe ek vyf jaar oud was. Ek het nooit gematrikul­eer nie. Ek het nege kinders en 18 kleinkinde­rs."

Jones het vir sy susters en broer in die kosbedryf gehelp alvorens hy die politiek betree het. Hy vra die gemeenskap van Pacaltsdor­p om verskoning indien hy hulle gefaal het.

Op 'n vraag of dit oor die Hop-huise gaan, het hy gesê: "Nee, ek kon hulle nie op politieke front van 2016 af lei tot nou nie. My kinders moet my asseblief ook vergewe vir al die jare wat ek hulle afgeskeep het oor die politiek wat altyd 'n prioriteit was."

"Ek berus my by alles. Ek kan niemand kwalik neem nie. Ek hoop en vertrou die Here dat alles sal uitwerk. Ek het almal vergifnis gevra wat ek skade gedoen het."

Na die skuldigbev­inding het Jones eenkant, op een van die hofbanke in die gang van die hof gaan sit. Sy vriendin moes hom soek. Trane het by sy wange afgerol. "Ek bly steeds positief," het hy gesê.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Henry Jones Dinsdagogg­end, 31 Januarie, tydens ‘n etensbreuk. Die uitspraak is later dieselfde middag gemaak.
Foto: Michelle Pienaar Henry Jones Dinsdagogg­end, 31 Januarie, tydens ‘n etensbreuk. Die uitspraak is later dieselfde middag gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa