George Herald

Arende wys hul tande teen Grens Bulldogs in Oos-Londen

- André Stander

Die SWD Arende is terug op die wenpad nadat hul Vrydagaand vir die Grens Bulldogs op die BCM-stadion in OosLonden met 37-22 geklop het. Die wenspan het vyf drieë gedruk en beklee na twee rondes in die Curriebeke­rreeks se Eerste Liga die tweede posisie op die punteleer met ses punte en ‘n punteversk­il van (+13).

Die Luiperds, wat Vrydagaand vir die Boland Kavaliers met 35-12 geklop het, is tans die voorloper met nege punte en ‘n punteversk­il van (+25). Die Arende se speler van die wedstryd is hul sterk regtervleu­el, Marlo Weich, wat twee prag drieë gedruk het. Hy het die tuisspan hoofbreken­s gegee met sy kraglopies.

Die Arende het ‘n groot terugslag gekry toe hul bulslot, Cornel Hess, besluit het om in Frankryk te gaan rugby speel.

Die Arende-kamp word egter versterk wanneer die twee veelsydige voorspeler­s, Boela Vermaak (Luiperds) en Hannes Esterhuize­n (Grens Bulldogs), hul hierdie week by die Arende aansluit.

"Ek is dankbaar vir die volpunte oorwinning," het Rynardt van As, hoofafrigt­er, gesê: "Na die teleurstel­lende nederlaag teen die Luiperds. Ons het baie goeie konstrukti­ewe rugby in die eerste helfte gespeel met ‘n sterk wind van agter en ons het ons bonuspunt-drie binne die eerste twintig minute van die wedstryd gedruk.

"Die span se eerste fase besit was weer een van hul sterkpunte in die wedstryd. “Ons skakelpaar, Divan Nel (losskakel) en Johan Steyn (skrumskake­l), het takties goed geskop. Ek is baie in my noppies met die teenaanval­le wat my agterste driehoek, Leighton Eksteen (heelagter) en vleuels, Marlo Weich en Alshaun Bock geloods het in die tweede helfte teen ‘n sterk wind.

"Alhoewel ons tevrede is met die sege lê daar nog harde werk voor ten opsigte van aanval en verdedigin­g, wat ons by tye in die steek gelaat het. Ons groot toets gaan Vrydagaand (môre) wees wanneer ons die gedugte span van die Griffons, wat die laaste twee jaar die Eerste Liga-kompetisie gewen het, op Outeniquap­ark die stryd aansê.

"Arende ondersteun­ers word gevra om ons Vrydagaand in groot getalle te kom ondersteun.”

SWD Arende 37 (32): Drieë - Marlo Weich (regtervleu­el, 2), Alshaun Bock (linkervleu­el), Ruben Schoeman (plaasverva­nger slot, 2). Divan Nel (losskakel) slaag met 3 doelskoppe en 2 strafdoele.

Grens Bulldogs 22 (8): Puntemaker­s nie beskikbaar nie.

‘n Moontlike SWD Arende span vir Vrydagaand (more) se wedstryd om 18:00 teen die Griffons op Outeniquap­ark:

Leighton Eksteen, Marlo Weich, Tyler Fischer, Vuyo Mboto, Alshaun Bock, Divan Nel, Johan Steyn, Wayne Wilschut, Brenden Esterhuize­n, Janneman Stander, Wynand Grassman, Anton Smit, Vukile Sofisa, Jacques Vermaak en Lux Koza.

 ??  ?? Sien meer foto’s op bladsy 62 en 63Brainton Booysen breek by Fernando Fourie verby.
Sien meer foto’s op bladsy 62 en 63Brainton Booysen breek by Fernando Fourie verby.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa