George Herald

Wedvluguit­slae

- OUTENIQUA POSDUIFKLU­B PACALTSDOR­P POSDUIFKLU­B

Die lang afstande vanuit die Vrystaat is nou besig om 'n negatiewe impak op die posduiwe te hê met baie van die duiweboere wie se skietgoed bykans opgeraak het.

Die duiwe het oor die naweek oor sowat 575 km vanaf Edenburg gevlieg en baie deelnemers moes tot die volgende dag wag vir hul duiwe.

Die twee ope wedvlugte is onderskeid­elik om 06:45 en 07:15 afgeskop.

Klubuitsla­e: PROTEA POSDUIFKLU­B

Jeff & Marlene Lofts en Brand Hokke het onderskeid­elik die twee wedvlugte vanaf Edenburg gewen.

Die wenduiwe het 'n uitstekend­e gemiddelde spoed van 80 km/h aangeteken.

Brand Hokke het die voorsprong op die punteleer verder gerek met nog 'n uitstekend­e vertoning.

Ope 1: 1 Jeff en Marlene Loft; 2 & 6 Blue Stratos; 3 & 5 D&S Hokke; 4 & 7 Brand Hokke; 8, 9 & 10 Bruce Muller.

Ope 2: 1, 3 & 9 Brand Hokke; 2 & 4 Blue Stratos; 4 & 10 D&S Hokke; 6 & 8 Jeff & Marlene Loft; 7 Bruce Muller.

1 Brand Hokke 3220; 2 Blue Stratos 2864; 3 Bruce Muller 2247; 4 D&S Hokke 1544; 5 Jeff & Marlene Loft 1293; 6 Fourie Hokke 870.

Van Wyk Lofts en Flip du Toit was die wenners van die twee onderskeie ope wedvlugte.

Du Toit het met hierdie oorwinning verdere stukrag gegee aan sy heerskappy op die punteleer.

Die wenduiwe was onderskeid­elik om 13:42:46 en 14:05:30 by die huis.

Die 10 deelnemend­e duiweboere het onderskeid­elik 67 en 66 duiwe vir die wedvlugte gemandjie.

Ope 1: 1 & 2 Van Wyk Lofts; 2, 3 4 & 8 J&L Lofts; 5 &10 Flip du Toit; 6 Ben McLaughlin; 7 Stefan May.

Ope 2: 1 & 8 Flip du Toit; 2 & 7 Ronnie Stevens; 3, 5 9 & 10 J&L Lofts; 4 Francois Marais; 6 Stefan May.

1 Flip du Toit 1027; 2 J&L Lofts 884; 3 Ronnie Stevens 774; 4 Van Wyk Lofts 706; 5 Stefan May 654; 6 Francois Marais 631; 7 Ben McLaughlin 302; 8 Van Wyk Lofts B 187; 9 Deon & Tina Boshoff 143; 10 Frana's Lofts 109; 11 Jan Gericke 27; 12 JF Janse van Rensburg 16.

Net twee duiweboere, Leon van Rooyen en Springbok Racing PI het die lang pad vanaf Edenburg aangedurf. Springbok Racing PI het beide wedvlugte gewen en die voorste duiwe het onderskeid­elik om 13:17:28 en 14:06:35 by hul hokke opgedaag.

Van Rooyen is egter nog voor op die punteleer.

Ope 1: 1, 4, 6, 7, 9 & 10 Springbok Racing PI; 2, 3, 5 & 8 Leon van Rooyen.

Ope 2: 1, 4, 5, 6 & 9 Springbok Racing PI; 2, 3, 7, 8 & 10 Leon van Rooyen.

1 Leon van Rooyen 884; 2 Springbok Racing PI 826; 3 Harm Venter 802; 4 Hugo Jordaan 234; 5 Lady Cate Loft 156; 6 Willem Zeelie 127.

Steenkamp se Bandits het alleen die naweek vanaf Edenburg gevlieg. Sy medekluble­de het nie meer duiwe gehad om verder te teen hom te vlieg nie en het gevolglik onttrek. Met sy skitterver­toning elke week is hy nou 2018 se kortpad-, middelpad-, langpad en klubkampio­en.

Gary Page is die jongduifka­mpioen.

Ope 1: 1, 2, 3, 4, 5 & 6 Steenkamp Bandits. Ope 2: 1, 2, 3, 4, 5 & 6 Steenkamp Bandits.

1 Steenkamp Bandits 444; 2 Gary Page 392; 3 BSP Hokke 245; 4 Manuel & Stoffels 208; 5 Clive Kock 67; 6 Prins Hokke 4.

Die klub se vorige wedvlug vanaf Trompsburg het 'n groot impak op die duiweboere se duiwe gehad. Meer as die helfte van die duiwe het die volgende dag eers opgedaag.

Ope 1: 1, 2, 5 & 6 Steenkamp Bandits; 3 &4 Gary Page.

Ope 2: 1 & 5 Gary Page; 2, 3 &4 Steenkamp Bandits.

1 Steenkamp Bandits 404; 2 Gary Page 392; 3 BSP Hokke 245; 4 Manuel & Stoffels 208; 5 Clive Kock 67; 6 Prins Hokke 4.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa