George Herald

Man glo in polisiesta­sie op Uniondale aangerand

-

Kristy Kolberg

'n Man van Uniondale is na bewering deur 'n vroue administra­tiewe klerk, wat van diens af was, by die Uniondalep­olisiestas­ie aangerand. Volgens Hendrick Metik het sy hom 'n "moffie" genoem en sy kop teen 'n deur gestamp.

"Daar was 'n beampte aan diens in wie se teenwoordi­gheid die voorval plaasgevin­d het. Hy het niks gedoen om te keer nie," sê Metik.

Metik het klagtes van aanranding en naamskendi­ng teen die klerk gemaak, sowel as 'n klag van nalatighei­d teen die beampte wat teenwoordi­g was.

Die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voorval bevestig en genoem dat die kriminele saak teen die klerk reeds volledig ondersoek is.

"Die beskuldigd­e het reeds voor die plaaslike landdrosho­f verskyn op 'n aanklag van aanranding.

“Die saak is hangend en nog nie gefinalise­er nie," sê hy.

Volgens Pojie word 'n departemen­tele saak teen die vermelde lede ondersoek na aanleiding van die beweringe wat deur Metik gemaak word.

"Die aangeleent­heid en die prosedure is deur die stasiebeve­lvoerder aan Metik verduideli­k. Al ons lede, veral in die dienssentr­um, bly verbind tot die lewering van profession­ele dienslewer­ing," sê Pojie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa