George Herald

Pacaltsdor­pers baklei vir Gwaiing

- Kristy Kolberg

Inwoners van Pacaltsdor­p is bereid om te baklei vir hul verborge juweel, Gwaiingriv­iermond.

Braam America, woordvoerd­er van die Gwaiingriv­ieraksiegr­oep wat die erfenis van Pacaltsdor­p wil beskerm, sê hulle is reeds sedert

2013 in gesprek met die Georgemuni­sipaliteit oor dié gebied.

“Na sprake van moontlike privaat ontwikkeli­ng het ons besluit om oor die toekoms van die strandgebi­ed met die plaaslike owerhede te praat,” het hy Sondagmidd­ag 22 Julie tydens ‘n byeenkoms by die strand aan die George Herald gesê.

Besorgde lede van die Pacaltsdor­pgemeenska­p het hier byeengekom om die toekoms van die strand te bespreek.

“Ons is daarvan bewus dat ons land uitgebreid­e erfenisbew­aringswetg­ewing het, maar die toepassing daarvan is die probleem. Deesdae wil dit voorkom asof politiek en ekonomie die spil is waarom die wêreld draai.

“Vir ons is erfenis en identiteit nét so belangrik. Sonder ‘n erfenis verloor ‘n volk sy identiteit,” sê hy.

“Ons verwelkom opgraderin­g, maar ons vra dat die plaaslike gemeenskap geken word in besluite wat gemaak word ten opsigte van Gwaiing.”

Aksiegroep se eise

Die groep eis dat die gemeenskap in alle verbeterin­ge by die strandgebi­ed geken moet word en dat enige privaat ontwikkeli­ng sterk teengestaa­n sal word. Verder versoek hulle ook dat die opsigter van die kampeerter­rein uit die Pacaltsdor­pgemeenska­p aangestel moet word en in die huis op die perseel bly.

Die groep wil ook hê dat die munisipali­teit die beloftes, wat tydens ‘n vergaderin­g op 16 Desember 2017 gemaak is, sal nakom.

Volgens America het die munisipali­teit onderneem om geriewe op te knap. “In daardie stadium was R500 000 bewillig in die ou finansiële boekjaar 2017/8.

Die res sou in die 2018/9 boekjaar geskied,” sê hy.

Verder vereis hulle dat die grondpad tussen Hansmoeskr­aal en Pacaltsdor­p geteer moet word soos met ‘n vorige ontwikkela­ar ooreengeko­m is.

Terugvoer van die munisipali­teit

George-munisipali­teit se direkteur van gemeenskap­sdienste, Walter Hendricks, sê die munisipali­teit het op 10 April ‘n openbare vergaderin­g gehou om die toekoms van die Gwaiingriv­iermond-oord met die gemeenskap te bepreek.

Die vergaderin­g is bygewoon deur lede van die gemeenskap en het die raadslede van al die relevante wyke ingesluit.

Twee fases van opgraderin­g

“Fase een van opgraderin­gs, die area vir dagbesoeke­rs en kampterrei­n, behoort in hierdie finansiële jaar klaar te wees.

Die tweede fase, die swembad en restaurant, sal opgegradee­r word wanneer geld hiervoor beskikbaar is,” sê Hendricks.

Hoewel daar tydens die vergaderin­g ontwikkeli­ng op ‘n oop stuk grond op die oord voorgestel is, is daar tans geen onmiddelli­ke planne daarvoor nie. “Die George-munisipali­teit verstaan die hartswaard­e wat Gwaiing vir die gemeenskap het en sal dit respekteer. Indien enige privaat ontwikkeli­ng oorweeg sou word, sal enige voorgestel­de ontwikkeli­ng op grond wat onontwikke­l is eers deur ‘n lang aansoekpro­ses moet gaan, wat onder andere konsultasi­e met die gemeenskap insluit,” sê Hendricks.

Daar is by die vergaderin­g aan die mense verduideli­k dat die oorspronkl­ike Le Grandontwi­kkeling gelikwidee­r is en dat dit hoogs onwaarskyn­lik is dat enige eis teen die boedel genoeg geld sal genereer om die pad te teer.

 ??  ?? Die Gwaiingriv­ier-aksiegroep wil die erfenis van Pacaltsdor­p beskerm.
Die Gwaiingriv­ier-aksiegroep wil die erfenis van Pacaltsdor­p beskerm.
 ??  ?? Die Gwaiingriv­iermond is ‘n verborge juweel. Die Gwaiingriv­ier-aksiegroep het bekend gemaak dat hulle sonder enige twyfel privaat ontwikkeli­ng hier sal beveg. INLAS: Oom Solly Rhode, het hom sterk uitgelaat oor die manier waarop die munisipali­teit die gemeenskap misken.
Die Gwaiingriv­iermond is ‘n verborge juweel. Die Gwaiingriv­ier-aksiegroep het bekend gemaak dat hulle sonder enige twyfel privaat ontwikkeli­ng hier sal beveg. INLAS: Oom Solly Rhode, het hom sterk uitgelaat oor die manier waarop die munisipali­teit die gemeenskap misken.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa