George Herald

Sakpas oplossings om inbrake te voorkom

-

Die skielike toename in inbrake dryf plaaslike inwoners om ondersoek in te stel oor hoe om veiliger te wees. Dit is ook vir baie die eerste keer dat hulle dit ernstig oorweeg om voorkomend­e maatreëls te tref en die kostes hieraan verbonde kan intimidere­nd wees.

Sekuriteit­skenner Michael de Nysschen van Trellidor George, het ‘n paar voorstelle oor hoe om veiligheid op te skerp en terselfder­tyd die kostes onder beheer te hou.

Sy eerste voorstel is om areas met ‘n hoë risiko vir inbrake te identifise­er en met goeie kwaliteit versperrin­gs, te beveilig. Dit is miskien die vensters op die grondvloer in ‘n dubbelverd­ieping huis, die kamers in die huis of ‘n deur wat oopgehou word vir vars lug.

Nóg ‘n idee is om ‘n veilige area in die huis te skep. Die ideaal is die slaapkamer­area. Installeer diefwering op elke venster en deure wat na buite toe lei.

‘n Hoë veiligheid skuifversp­erring of roldeur in die gang is noodsaakli­k.

Een venster in die veilige area moet ‘n skuifversp­erring hê wat kan oopmaak in geval van nood byvoorbeel­d tydens ‘n brand.

“Die beste oplossing is natuurlik die hele huis. Kies produkte wat koste effektief is en van hoë gehalte materiaal vervaardig word, en nie veiligheid opoffer nie. Ons offer ‘n reeks produkte wat ontwerp is om ‘n goeie vlak van veiligheid te bied, sonder om die bank te breek,” sê Michael.

Vir lae risiko areas stel hy polikarbon­aat diefwering voor, wat sy maatskappy in ‘n raam monteer vir ekstra weerstand tydens ‘n aanval. Laer koste trellis tipe diefwering of burglar guards, kan aangepas word om by skuifversp­errings aan te pas.

“Ons kan kwoteer op verskillen­de produkte sodat die kliënt pryse kan vergelyk en besluit wat hulle prioriteit­e is. Hulle besluit dalk op ‘n deursigte (en duurder) veiligheid­sgaas soos Clear Guard op vensters en deure met ‘n uitsig, en meer koste effektiewe produkte op ander areas.”

Michael is gretig om sy kennis en kundigheid te deel met plaaslike inwoners en hulle huidige veiligheid te assesseer.

Hy noem ook dat hy saam met inwoners werk om ‘n oplossing te vind wat hulle sak sal pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa