Baba & Kleuter

Slaapafrig­ting: die laaste uitweg

-

As jou kleinding verkeerde slaappatro­ne aangeleer het, is slaapafrig­ting soms die enigste uitweg. Alison sê slaapafrig­ting is ’n goeie plan as die ouers so erg slaaptekor­t het dat hulle nie behoorlik kan funksionee­r nie.

“Slaapafrig­ting is ook goed vir die baba as hy bedags prikkelbaa­r en hiperaktie­f is weens te min slaap.” Die meeste kenners beveel nie slaapafrig­ting voor ses maande aan nie. Daar is baie opsies; kies een waarmee jy en jou maat gemaklik is. Doen slaapafrig­ting slegs as jou baba gesond is en julle nie te veel werkdruk het nie.

As jy eers begin, wees konsekwent – moenie die afrigting halfpad laat staan nie, want al wat jy dan vir jou kind leer is dat sy net lank en hard moet huil om jou te laat toegee.

Hoe Alison slaapafrig­ting doen

Lê jou kleinding in haar kot of bed neer. Dit kan geduld verg omdat sy kan teëstribbe­l, maar bly haar ferm neerlê as sy wil opstaan.

Bly in die vertrek, maar sit op ’n stoel. Jy kan aan haar raak as sy huil en met haar praat tot sy kalm is en stil in haar kot lê. Moet haar nie optel nie.

Laat haar aan die slaap raak sonder hulpmiddel­s wat sy nie heelnag by haar kan hê nie. Sy kan wel ’n teddiebeer of kombersie hê wat sy in die nag by haar kan hou.

Pas hierdie metode een keer per nag toe; verkieslik die eerste keer dat sy wakker word. Die res van die nag kan jy doen wat jy wil om haar weer aan die slaap te kry.

Ná vier nagte behoort jou kind nie meer teen te stribbel nie en kan jy dit geleidelik uitbrei na ander wakkerword­sessies in die nag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa