Baba & Kleuter

Ware verhaal

Ilke (33) en Hannes (35) de Villiers van Pretoria se jongste, Gerber (1), het ureterale refluks. Voor Gerber siek geword het, het Ilke – soos die meeste van ons – nie geweet wat hierdie toestand is nie. Sy deel hul verhaal.

- DEUR YOLANDI JORDAAN FOTO: NoËlen foster

EK WAS VERLIG – UITEINDELI­K WAS ONS OP DIE SPOOR VAN WAT SY TOESTAND VEROORSAAK.

Gerber was die eerste aand ná sy geboorte stroopsoet. Maar twee dae later het hy aanhoudend begin skree en gedruk asof hy hardlywig is. Hy het sommer rooi in die gesig geword van die drukkerye en ongemak. Dit het my bekommerd gemaak, want sy magie het sonder enige probleme gewerk – sy poef was sag en sy maag het gereeld gewerk.

Hy was aanhoudend aan die bors, want dit was die enigste tyd wat hy rustig was en nie gehuil het nie. Elke keer nadat hy gedrink het, het hy sy ruggie hol getrek. Hy het nie melk opgebring nie en daarom het ek vermoed hy het stille refluks.

Ons is drie weke ná Gerber se geboorte pediater toe. Ons uitstekend­e pediater het dadelik vermoed dat dit stille refluks is, maar hy het ook vertel dat daar in sommige gevalle iets by die blaas rond fout kan wees wat refluks kan veroorsaak. Hy het Gerber behandel vir refluks en het ’n urientoets laat doen wat nie in daardie stadium op probleme gedui het nie.

Die week daarna is ons talle kere in die nag ongevalle toe weens Gerber se hoë koors. Daar het hulle hom vir oorontstek­ing behandel. ’n Paar dae later het hy weer koors kry, en terug by ongevalle het die dokter voorgestel ons laat x-strale neem om vas te stel wat fout is. Die xstrale het gewys dat Gerber se lewer vergroot is en die dokter het voorgestel ons laat doen ’n sonar van die lewer, niere en milt. Dié sonar het gewys Gerber het ’n dubbele kelkstelse­l. Pleks van twee ureters (wat urine van die niere na die blaas voer) het hy vier.

Op ses weke het ons ’n uroloog besoek wat Gerber se buiksonarf­oto’s ondersoek het. Hy het ons vertel dat baie mense met ekstra ureters leef en dat hy Gerber wil dophou om te kyk of hy infeksie kry.

’n Week later het Gerber ’n hewige koors gekry en ons is terug ongevalle toe. Hy het aanhoudend geskree en gedruk.

Sy urien is getoets en die uitslag het gewys hy het ’n kwaai infeksie. Hoewel dit slegte nuus was, was ek verlig. Ek het geweet dit beteken dat ons op die spoor was van wat ook al Gerber se toestand veroorsaak. Hy het antibiotik­a gekry en die uroloog het ’n sistogram laat doen. Dit beteken ’n kleurstof word deur ’n kateter in die blaas gespuit om dit vol te maak sodat die blaas saamtrek om te urineer. Die middel wat deur die blaas en pypies vloei, word dan op x-strale gevolg om te sien watter pad dit volg. In Gerber se liggaampie het die kleurstof pleks daarvan om na die uretra (wat urine van die blaas uit die liggaam voer) te gaan om uitgeskei te word, tot teen sy niere teruggesto­ot. Omdat die niere nie weer die urien kan opneem nie, swel die ureters en

versamel daar vog om die niere.

Gerber sou dit volgens die uroloog nie ontgroei nie. Hy moes op een jaar oud ’n operasie kry om sy ureters terug in die blaas te plant. Intussen het die uroloog ’n vesikostom­ie gedoen wat behels dat daar ’n gaatjie net onder die naeltjie in Gerber se maag en blaas gemaak word. Die blaas word dan na buite getrek en aan die maag vasgewerk. Indien die blaas vol word en die urien opstoot, loop dit by die gaatjie uit. Ek het doeke se kernvoerin­gs afgesny, dit oor die gaatjie geplaas om die urien op te vang en dan ’n nuwe doek aangesit wat die gesnyde doek vasgehou het.

Gerber het skielik bitter siek geword. Die pediater het bloedtoets­e gedoen wat bevestig het dat daar fout was met sy nierfunksi­e. Ons is na ’n kindernier­spesialis verwys.

Sy het opgelet dat Gerber baie seer by sy niere en nierpype het en het nierontste­king gediagnose­er. Sy was ook bekommerd dat Gerber se niere dalk nie ewe groot is en dus nie op hul beste werk nie. Sy het ’n renogram gedoen waar ’n radioaktie­we stof in die are gespuit word om te kyk hoe vinnig die niere die stof opneem en ook teen watter tempo die nier dit uitskei. Die uitslag was nie goed nie: Gerber se regternier dra 75 persent van sy liggaam se totale nierfunksi­e by, en die linkernier net 25 persent. Dit behoort 50 persent elk te wees.

Teen daardie tyd was Gerber reeds sewe maande oud, en vir die laaste vyf maande daarvan moes hy twee keer per dag antibiotik­a drink.

Toe hy amper agt maande oud was, het hy hewige diarree gekry wat aan al die antibiotik­a toegeskryf is. Die nierspesia­lis het besluit die operasie moet liewer dadelik gedoen word sodat hy die gebruik van antibiotik­a kon staak.

Groot operasie

Die operasie is vroegoggen­d uitgevoer en het twee en ’n half uur geduur. Al vier die ureters is in die blaas herimplant­eer en nuwe kleppies is gevorm sodat urien van die niere na die blaas kon deurvloei en nie weer sou terugstoot nie.

Dit sou 6 weke duur voor die verskuifde ureters sou herstel; daarom het die dokter ’n rekspalkie ingeplant wat intussen die werk van die ureters sou doen.

Ná die operasie het Gerber se bloeddruk buite beheer geraak. Hy is in die kinder-intensiewe­sorgeenhei­d opgeneem en het morfien ontvang. Sy maag het ’n dag later begin opswel en hy het gebraak. Hy het aarvoeding gekry en ook ’n buis deur sy neus wat sy maag leegsuig sodat hy nie braak nie.

’n Week ná die operasie is hy ontslaan. Die tweede oggend by die huis het hy weer onophoudel­ik begin braak – die braaksel was grasgroen.

Hy is weer eens in die intensiewe­sorgeenhei­d opgeneem. Hy het omtrent drie keer x-strale laat neem waar alles op ’n obstruksie gedui het, maar niemand kon presies sien waar dit is nie.

Gerber is op dieselfde plek as voorheen oopgesny en die spesialist­e het ’n breuk in sy buik oopgespoor waarin ’n lus van sy dunderm vasgesit het. Dit is onmiddelli­k herstel.

Ná die tweede operasie was hy sewe dae in die intensiewe­sorgeenhei­d. Sy bloeddruk wou net nie daal nie. Ons pediater en nierspesia­lis het vasgestel dat die sondaar die kleiner nier was wat renien afskei, ’n ensiem wat die bloeddruk kan verhoog.

Gerber het medisyne gekry wat sy bloeddruk laat stabilisee­r het.

Drie weke later het hy weer ’n verskrikli­ke koors gekry en het ons by die hospitaal uitgevind dat hy blaasinfek­sie het. Hy was sewe dae lank in die hospitaal en het antibiotik­a deur ’n drup gekry.

Ons was skaars by die huis, toe kry hy weer ’n infeksie. Die skuldige bakterie,

Pseudomona­saeruginos­a kleef aan die wand van sy blaas vas en veroorsaak die infeksie weer en weer. Dié slag het hy darem antibiotik­a gekry wat ons by die huis kon toedien.

SY HET BESLUIT OM DIE OPERASIE MET VIER MAANDE TE VERVROEG SODAT HY DIE GEBRUIK VAN ANTIBIOTIK­A

KON STAAK.

Laaste toetse

Gerber is nou een jaar oud en het pas weer ’n sistogram en renogram ondergaan om te kyk of die klein nier nog werk en of dit verwyder moet word. Ná ’n hele string toetse, naalde en narkose kon hulle bevestig dat Gerber geen refluks in enige van sy vier ureters oor het nie. Sy slegte linkernier­tjie se funksie was 22 persent, wat beter is as die 20 persent van Junie. Ons is baie bly en dankbaar daaroor. Ons kon nie vir ’n beter uitkoms gevra het nie. Ons kan uiteindeli­k die hoofstuk afsluit en ons gesonde seuntjie geniet!

 ??  ?? Gerber (9 maande) is terug in die hospitaal om ’n nare urieninfek­sie te laat behandel. Hy het antibiotik­a gekry en kon verder by die huis herstel.
Gerber (9 maande) is terug in die hospitaal om ’n nare urieninfek­sie te laat behandel. Hy het antibiotik­a gekry en kon verder by die huis herstel.
 ??  ?? Gerber (11 weke) net na sy vesikostom­ie, waar ’n opening van sy blaas na die buitekant van sy lyf geskep is.
Gerber (11 weke) net na sy vesikostom­ie, waar ’n opening van sy blaas na die buitekant van sy lyf geskep is.
 ??  ?? Gerber se sny ná die twee operasies. Hy was ná die tweede operasie sewe dae lank in die intensiewe­sorgeenhei­d.
Gerber se sny ná die twee operasies. Hy was ná die tweede operasie sewe dae lank in die intensiewe­sorgeenhei­d.
 ??  ?? Nog vas aan die slaap ná sy operasie. Die spesialis het ’n rekspalkie ingeplant wat die werk van Gerber (8 maande) se ureters doen.
Nog vas aan die slaap ná sy operasie. Die spesialis het ’n rekspalkie ingeplant wat die werk van Gerber (8 maande) se ureters doen.
 ??  ?? ’n Week ná sy operasie het Gerber onophoudel­ik begin braak. Die dokter het ’n obstruksie gevind en hy is weer geopereer.
’n Week ná sy operasie het Gerber onophoudel­ik begin braak. Die dokter het ’n obstruksie gevind en hy is weer geopereer.
 ??  ?? Hier is Gerber vyf maande en weer in die hospitaal met nierontste­king.
Hier is Gerber vyf maande en weer in die hospitaal met nierontste­king.
 ??  ?? Gerber glimlag weer en Ilke haal weer asem ná al die trauma van die vorige jaar.
Gerber glimlag weer en Ilke haal weer asem ná al die trauma van die vorige jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa